Danél de Jager triomfeer by Sabie Classic 2025
Met indrukwekkende vaardigheid en deursettingsvermoë het Danél die uitdagende roete oorheers en die goue medalje huis toe gebring.
Op 26 April 2025 het Danél de Jager, ’n talentvolle leerder van Hoërskool Volksrust, haar merk gemaak by die Sabie Classic deur die eerste plek in die junior afdeling van die Provinsiale Cross Country Marathon (40 km) te verower.
Met indrukwekkende vaardigheid, uithouvermoë en vasberadenheid het sy die uitdagende roete met selfvertroue oorheers en die goue medalje met trots huis toe gebring.
Hoërskool Volksrust, sowel as die gemeenskap, is uiters trots op Danél se uitmuntende prestasie.
Sy dien as ’n inspirasie vir haar mede-leerders en jong sportlui regoor die streek.
“Baie geluk, Danél!”
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe.For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).



