Wat ‘n fantastiese belewenis was Weenen se orrel- en trompetfees
Daar was ‘n heerlike gemoedelike atmosfeer by die ete, wat daarna ter stuiwing van die Kerk se fondse aangebied was
Heinrich Heine and Tracy Usher-Jones
Die NG Kerk van Weenen het 23 April die 55ste jaar van die inwyding van hul besondere orrel, saam met twee gaskunstenaars gevier.
Pieter van den Berg (orrelis) en Braam van Tonder (trompetspeler) van Pretoria het al die feesgangers met hul luisterryke spel betower. Die werke van Jean Joseph Mouret, John Stanley en Jeremia Clarke was onder andere deur hulle uitgevoer.

Feesgangers het van oraloor gekom. Feitlik al die feesgangers het ook die erediens wat die fees voorafgegaan het, bygewoon, waar ons onder leiding van die gaskunstenaars feestelik tot die eer van die Here saam gesing het.
Ds Rudi van Tonder se boodskap het almal opnuut geïnspireer.
Daar was ‘n heerlike gemoedelike atmosfeer by die ete, wat daarna ter stuiwing van die Kerk se fondse aangebied was.
Die Weenen se NG Gemeente wil almal wat tot die sukses van hierdie geleentheid bygedra het, hartlik bedank. Soli Deo Gloria – alle eer aan die Here.
NOW READ: James Kampte wins Estcourt Open
Click to receive news links via WhatsApp. Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook



