communityCommunity galleriesDundee CourierLocal news

Elandrè-vertoning bring groot opwinding in Glencoe

Hy het ook die verhoog gedeel met twee plaaslike kunstenaars, Mia van der Merwe en Christo Badenhort, en net weer bewys dat ons land geen tekort aan talent het nie.

Elandré Schwartz het Glencoe Vrydagaand, 23 Junie, op horings geneem toe hy vir ‘n fondsinsamelingkonsert ten bate van die Bloedrivier-erfenisterrein (BR) hier kom optree het.
Honderde besoekers het in ‘n volgepakte Laerskool Glencoe-saal saamgedrom om ‘n aand van goeie musiek, goeie kos en goeie geselskap te geniet saam met die gewilde ‘kleindorpdromer’.
In egte Elandré-styl het die sanger en sy orkes die gehoor die heel aand op hul voete gehad.
Hy het ook die verhoog gedeel met twee plaaslike kunstenaars, Mia van der Merwe en Christo Badenhort, en net weer bewys dat ons land geen tekort aan talent het nie.
Tydens die vertoning het die BR-span ‘n veiling gehou en ‘n addisionele R1900 vir die erfenisterrein ingesamel.
‘n Bottel Bloedrivier-rooiwyn wat deur Elandré geteken is en ‘n portret wat die Slag van Bloedrivier voorstel is opgeveil.
Die bottel rooiwyn is vir R600 verkoop aan Linda Els en die bod vir die portret het op Wian de Bruyn geval vir R1300.
Judean Jansen van Vuuren, bestuurder van Bloedrivier, sê sy is baie dankbaar vir die opkoms en trots om te sien hoeveel mense nog hul plaaslike kunstenaars en hul erfenisterreine ondersteun.
Almal het hulself terdee geniet.

Related Articles

Back to top button