Local newsVryheid Herald

SAVF Rusoord se basaar lok honderde met geurige kos

Besoekers stroom na SAVF-basaar vir kos, geselskap en ondersteuning van die ouetehuis.

Die SAVF Jubileum-Rusoord het Saterdag sy jaarlikse basaar met groot sukses aangebied, ’n geliefde gemeenskapsgebeurtenis wat weer honderde voete na die terrein gelok het vir ’n dag van heerlike kos, warm samesyn en ywerige ondersteuning van ’n goeie saak.

Van vroegdag af het die geur van pannekoek, kerrie-en-rys, potjiekos, spitbraai en varsgebakte koek die lug gevul, terwyl kinders gelag het op die treintjie en stalletjies vining leeggeloop het. Besoekers het in lang rye gestaan vir pannekoek en kerrie-en-rys.

Die doel van die basaar was nie net vermaak nie, maar ook om broodnodige fondse in te samel vir die instandhouding van die ouetehuis en om ekstra sorg en fasiliteite vir die inwoners te verseker.

Verskeie inwoners van die Rusoord het ook aan die dag se aktiwiteite deelgeneem – sommige het hul eie handwerk uitgestal, terwyl ander eenvoudig die vrolike atmosfeer geniet het met familie en vriende aan hul sy.

ALSO READ: Winter market brings warmth to the community

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

Carlien Grobler

Related Articles

Back to top button