Gemeenskap help om leerders se herinnering te eer
Die Volksrust gemeenskap word gevra om ontbrekende name te deel vir die gedenkkruis.
Jare gelede het me. Junida Coetzee ’n kruis laat oprig op die eiland voor die Volksrust Hoërskool se skoolsaal.
Die doel was om ’n blywende gedenkplek te skep vir al ons leerders wat tragies oorlede is terwyl hulle nog skoolgaande was.
Name tans sigbaar:
- Werner Oberholzer (1996)
- Deon van der Schyf (1996)
- Siphelele Mhlambi (2014)
- Phumelele Mbatha (2015)
- Michael Anderson (2017)
- Tshepo Shabalala (2018)
- Thando Mahlambi (2019)
- Prayer Nyakuvambwa (2024)
- Olwethu Msibi (2025)
Kom ons help saam om hierdie gedenkplek volledig te maak
Plaatjies met hul name is by die kruis aangebring as ’n teken van liefde en herinnering.
“Ek het my bes probeer om al die name van ons geliefde leerders op te spoor, maar moontlik het ek iemand gemis. Daarom vra ek graag die hulp van ons gemeenskap.”
Indien u weet van ’n leerder wie se naam nog nie hier verskyn nie, laat weet asseblief vir Marietjie Steyn by [email protected] sodat hulle ook hul nagedagtenis kan eer.
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel



