Besige vakansie bring groot sportprestasies vir Pionier
Pioniers behaal sterk sportprestasies tydens ’n besige vakansie vol aktiwiteite.
Tydens die vakansie het die eerste rugby-, hokkie- en netbalspan aan verskeie toere deelgeneem. Die spanne het elke geleentheid ten volle benut, dit baie geniet en waardevolle ondervinding opgedoen. Ons is veral trots op ons eerste netbalspan wat as wenners by Camp Discovery uit die stryd getree het, terwyl die eerste rugbyspan as naaswenners geëindig het.
Besige vakansie vir Pioniers
Dit was ’n besige vakansie vir die Pioniers, met baie leerders wat aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en hul talente verder ontwikkel het.
Swemprestasies by gala’s
Swem:
By die Level 3-gala het Marnus Pretorius en Carli Eybers uitstekend gevaar en na die finaal deurgedring. Marnus het ’n sewende plek in die 100m vryslag en ’n vyfde plek in die 100m vlinderslag behaal. Hy het ook ’n vierde plek in die 50m vryslag, ’n sewende plek in die 50m rugslag en ’n bronsmedalje in die 50m vryslag verower. Carli het ’n vyfde plek in die 100m vryslag behaal en verder ’n goue medalje in die 50m vryslag, ’n vierde plek in die 50m rugslag en ’n bronsmedalje in die 50m vlinderslag.
Tydens die Level 2-gala wat van 31 Maart tot 2 April in Durban plaasgevind het, het Pionier se swemmers hul staal gewys met die volgende uitstekende prestasies:
Lelanie Marais: sewende (50m borsslag), sesde (100m borsslag)
Reinhard Meyer: eerste (50m borsslag), tweede (200m vryslag), tweede (100m borsslag)
Markus Erasmus: eerste (50m borsslag), eerste (50m rugslag), tweede (200m IM), tweede (100m rugslag), tweede (50m vlinderslag), tweede (100m borsslag)
Danelle Carstens: vyfde (100m vryslag), vyfde (50m rugslag), vyfde (100m rugslag), sesde (50m vlinderslag)
Shanè Swarts: derde (50m borsslag), vierde (50m rugslag), vierde (100m vryslag), derde (100m rugslag), derde (50m vlinderslag)
Charl Senekal: sesde (50m rugslag), sesde (50m borsslag), vierde (50m vlinderslag)
Janco Pienaar: derde (50m borsslag), tweede (50m rugslag), eerste (100m rugslag), vyfde (50m vlinderslag), vierde (100m vryslag)
Theo Roelofz: 11de (50m borsslag), 11de (50m rugslag)
Gholf en krieketprestasies
Gholf:
Heike Venter het aan die SA Dogterskampioenskappe in Middelburg deelgeneem, waar sy algeheel 39ste uit 76 spelers geëindig het.
Krieket:
Baie geluk aan die dogters wat vir die KZN Inland Tuskers o/16- en o/19-skaduspanne gekies is. Die volgende rondte proewe vind in Augustus plaas.
Atletiekprestasie op nasionale vlak
Atletiek:
Lianè het aan die 7-kamp by die SA-byeenkoms te Germiston deelgeneem. Ons is trots om aan te kondig dat sy algeheel sesde in haar ouderdomsgroep geëindig het.
NWU-16 semifinale uitslae
NWU-16 Semi-finale Uitslae:
Die semi-finaal het op Saterdag, 11 April, te Volksrust plaasgevind. Die dag het in goeie gees verloop en ons is baie trots op elke span se deelname en prestasies.
Rugbyuitslae
O/14: Pionier 10–26 Ellisras
O/15: Pionier 12–36 Ben Viljoen
O/16: Pionier 26–20 Ben Viljoen
Tweedes: Pionier 17–36 PTA-Noord
Eerstes: Pionier 19–26 Ben Viljoen
Netbaluitslae
O/14: Pionier 7–21 PTA-Noord
O/15: Pionier 8–11 PTA-Noord
O/16: Pionier 15–20 PTA-Noord
Tweedes: Pionier 19–10 Ellisras
Eerstes: Pionier 23–15 Ellisras
Hokkieuitslae
O/14: Pionier 0–1 Ellisras
O/15: Pionier 3–2 Standerton
O/16: Pionier 3–1 Ellisras
Tweedes: Pionier 1–0 Ben Viljoen
Eerstes: Pionier 1–4 Ben Viljoen
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



