Local newsNewcastle AdvertiserSchools

Volksrust-gholfspelers blink uit by SA Hoërskole Meisies-IPT

Volkie-gholfspelers behaal puik uitslae vir Mpumalanga by die IPT.

Caitlyn Swiegers en Megan van der Walt van Hoërskool Volksrust het Mpumalanga met trots by die 2026 SA Hoërskole Meisies-IPT by Serengeti Golf & Wildlife Estate verteenwoordig.

Sterk individuele vertonings

Caitlyn het ‘n uitstekende sewende plek uit 22 spelers in die B-afdeling behaal met ‘n netto telling van 160.

Sy was ook deel van die Mpumalanga B-span wat as naaswenners in die spankompetisie geëindig het.

Megan het 16de uit 23 spelers in die C-afdeling geëindig met 44 individuele Stableford-punte.

Naaswennerplekke vir Mpumalanga

Sy het ook ‘n belangrike bydrae gelewer tot die Mpumalanga C-span se naaswennerplek.

Hoërskool Volksrust wens Caitlyn en Megan hartlik geluk met hul uitstekende individuele en spanprestasies.

“Julle het die skool en Mpumalanga met trots en onderskeiding verteenwoordig.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Infromation supplied

The contents of this article was supplied by Marietjie Steyn of Volksrust high School.

Related Articles

Back to top button