Pionier presteer
Die koor het hierdie jaar met ‘n koorkamp by die skool weggespring

Swem:
Dit was Dinsdag, 31 Januarie, en nie ‘n gewone swemgala nie. Dit was ‘n dag van prestasies en pret.
Die volgende swemmers het uitstekend geswem en hul trofeë verdien: Senior Victrix Ludorum – Pierre Grobler; Senior Victrix Ludorum – Ashley Loch; Junior Victrix Ludorum – Leandri Grobler; Junior Victor Ludorum – Jaco Smit.
Rekords het ook papnat gespat! Zoé Richards het die 50m-borsslagrekord en 100m-borsslagrekord verbeter. Ashley Loch het die 10m-rugslagrekord en 50m-rugslagrekord verbeter. Pierre Grobler het konsentreer en die 100m-vlinderslagrekord uitmuntend verbeter. Pionier se sterswemmers reik na nuwe hoogtes en stel nuwe uitdagings.
Skyfskiet:
Saterdagoggend douvoordag is 17 van Pionier se skuts na Ferrum vir die eerste liga-kompetisie van die jaar. Agt van die nuwe skuts moes wag vir die liga 2-kompetisie om aan Pioner se hoë vereistes te voldoen.
Die volgende uitmuntende prestasies is behaal:
Karl Fourie – goud in o/21-Sporterklas met ‘n puik eindtelling van 903.
Anika Dedekind – silwer in o/21-Veerklas.
Jaden Labuschagne – vierde in o/16-Veerklas.
Mia Myburgh – silwer in o/16-Veerklas.
Rikus Johnstone – vierde in o/16-Veerklas.
Frans Saaijman – goud in o/14-Veerklas.
Die ander nuwe skuts se uitslae was baie beter as wat ons verwag het. Liga 2 is by Glenwood en hou die belofte in van ‘n naweek by die ATKV-strandoord, Natalia, en nog beter prestasties na ‘n maand se harde werk in die Pionier-skyfskietsaal. Pionier-skyfskiet is gereed vir aksie.
Kooroefennaweek:
Die koor het hierdie jaar met ‘n koorkamp by die skool weggespring. Die koor spog met 23 nuwe leerders en ‘n volle span van 60. Die koor het lekker saam gesing, gelag, gesing, geswem, gesing, gebraai en weer gesing.
Die koor het geleer van tussenribspiere, hoe om jou diafragma te gebruik, en dat sang baie inspanning verg.
Die koor sien uit na ‘n opwindende jaar wat voorlê en neem sommer al in Mei-maand aan hul eerste kompetisie deel.
ALSO READ: Pionier hou gholf-spelers op hul tone
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.
Click to receive news links via WhatsApp. Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!



