SchoolsVryheid Herald

Pionier geniet sport

Anika is een van slegs twee KZN-skuts wat vanjaar hierdie besondere prestasie verwerf het

SA-Skyfskiet:
Pionier is baie trots op Anika Dedekind, wat na afloop van die finale BJI-skyfskietproewe vanaf 31 Maart tot 1 April te Middelburg, vir die SA-span gekies is. Hierdie prestige span toer 31 Julie tot 12 Augustus na Brittanje om daar aan internasionale skyfskietkompetisies deel te neem. Anika is een van slegs twee KZN-skuts wat vanjaar hierdie besondere prestasie verwerf het.

Suid-Kaap Netbaltoer:
Die eerstespan het Saterdag, 1 April, vanaf Pionier na Colesberg vertrek. Saterdag, 2 April, het die span baie vroeg gery, na die pragtige NG-Kerk in Graaff Reinett gaan kyk en later in Oubaai by die gholflandgoed oornag.
Maandag, 3 April, het hulle hul eerste wedstryd in gietende reën teen Hoërskool Sasolburg met 11-10 gewen. Die wedstryde is tot 12:00 uitgestel. Hulle speel daarna teen Hoërskool Driehoek en verloor 8-28. Later het hulle teen Hoërskool Lilyfontein gespeel en wen 20-5.
Dinsdag, 4 April, is die uitslae as volg:
• Pionier teen Hoërskool Drostdy: verloor 15-31.
• Pionier teen Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn: verloor 12-43.
• Pionier teen Hoërskool Curro Pinehurst: wen 28-12
Na die wedstryde ontspan die dogters en gaan spring by Elevate-trampolienpark.
Woensdag, 5 April, is dit tyd vir pret. Hulle gaan sandboard en ry ‘n enorme duin, die Dragon. Daarna is hulle na Wildernis en neem aan ‘n spanbouaktiwiteit by Acrobranch deel.
Donderdag, 6 April, staan die dogters vroeg op en gaan pluk aarbeie by ‘n aarbeiplaas in George. Hulle speel hul finale wedstryd teen Hoërskool Drostdy en wen 18-13. Opgewonde gaan speel hulle later 10-pin bowling en gaan swem in die koue see van Hartenbos.
Die aand met die prysuitdeling is die volgende sewe spelers vir die SCST-span gekies wat vanaf 30 September tot 9 Oktober in Engeland en Wallis gaan toer: Melé Erlank, Thyla Mostert, Ziyanda Mbatha, Janika Ferreira, Ilani Lathleiff, Simoné van der Berg en Mia van Deventer.
Dit is ‘n besonderse eer om uit 2500 netbalspelers van regoor Suid-Afrika gekies te word. Tydens hierdie toer gaan hulle pragtige stede soos Londen, Cardiff en Birmingham besoek.
Vrydag, 7 April, vertrek die span en afrigters vroeg, groet vir Oubaai, ry na die Kango-grotte, gaan besoek die Cango-wildsplaas en ry daarna terug na Colesberg.
Na hierdie uitmuntende toer vertrek die dogters Saterdag, 8 April, terug na Pionier.

Hokkietoer:
Die eerstespan se toer was vanaf 3 tot 6 April by Michaelhouse in die Midlands.
Die uitslae is as volg:
• Pionier wen 1-0 teen Grantleigh Curro.

• Pionier verloor 0-1 teen Trio High School.

• Pionier verloor 0-1 teen Howick.

• Pionier verloor 0-3 teen Reddam Umhlanga.

• Pionier wen 4-0 teen Hoërskool Ferrum se tweedespan.

• Pionier verloor 1-3 teen Hoërskool Menlopark se tweedespan.

Na afloop van die toernooi het die groep met ‘n welverdiende afdaktoer (canopy tour) te Karkloof gaan ontspan.

Pionier-Rugbyweek

Pionier se O/14-, O/15- en O/16-spanne het tydens die April-vakansie aan die Pionier-rugbyweek deelgeneem.

Die uitslae is as volg:

Maandag, 3 April:

• O/14’s verloor 7-19 teen Hoërskool Richardsbaai.

• O/15’s wen 13-12 teen Hoërskool Richardsbaai.

• O/16’s wen 13-5 teen Hoërskool Amajuba.

Dinsdag, 4 April:

• O/14’s speel gelykop 12-12 teen Hoërskool Estcourt.

• O/15’s wen 15-0 teen Hoërskool Dundee.

• O/16’s wen 43-0 teen Hoërskool Richardsbaai.

Donderdag, 6 April:

• O/14’s wen 19-12 teen Hoërskool Landbou.

• O/15’s wen 66-0 teen die Durban-uitnodigingspan.

• O/16’s wen 22-0 teen Newcastle High.

Eerstespan-rugbytoer na Parys:

Pionier se eerstespan het die laaste week van die eerste kwartaal aan Hoërskool Parys se rugbyweek deelgeneem en uitstekende rugby gespeel.

Die uitslae is as volg:

• Pionier wen Hoërskool Sasolburg 43-0.

• Pionier wen Hoërskool Parys 33-8.

• Pionier wen HTS Sasolburg 17-13.

Op die kalender:

• 12 April: Skole open.

• 14-15 April: Lammergeiers-rugbyproewe by Pionier.

• 15 April: PUK16-semifinaal.

ALSO READ: Pionier presteer in sport en kultuur

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button