Newcastle AdvertiserSchools

Volkies se harte is seer oor die afsterwe van hul geliefde Juffrou Buitendag

Dit is met skok en ongeloof dat Volkies verneem het dat me. Hannetjie Buitendag vanoggend oorlede is.

Hannetjie, of Johanna, soos wat ek haar genoem het, het ‘n baie spesiale plekkie in ons lewens gehad.

Nie-net was sy my onderhoof by Volkies nie, maar sy was ook my geliefde prediker se vrou.

As die lewe soms te styf gedruk het, het Johanna ingespring en sommer bietjie kom kuier by die skool, om ons weer te bemoedig, alhoewel sy in Augustus 2021 afgetree het.

Die tydjie saam met haar man, gesin en geliefde kleinkinders was net te kort en ons harte is baie seer oor hierdie vrou se afsterwe.

Juffrou Buitendag se sê-goed: “Julle moet dink, ouens!’, en “dit is waaroor dit gaan ouens”, het menigte Biologie leerder deur die skool gekry.

Haar empatie, insig, wysheid en mensekennis was verbysterend. Sy was stadig om kwaad te word en vinnig om te luister. Haar impak op so baie mense se lewens was duidelik sigbaar.

Goeie leierskap, kwaliteit onderrig, toegewydheid, betrokkenheid en haar diepe afhanklikheid van haar Skepper vir wysheid en insig om haar leerders ten beste toe te rus, is hoe sy onthou word.

Ek onthou hoe sy altyd gebid het en gevra het vir genoeg om van te lewe en dan wens ek sy wil net eenkeer vir bietjie meer vra, maar dit is al wat sy nodig gehad het – genoeg om van te lewe!”

Die impak wat sy op ons almal se lewens gehad het, is nie te betwyfel nie.

Vandat Hannetjie verlede week siek geword het aan malaria, was ‘n hele gemeente se vroue bekommerd en het ons mekaar gedra en ondersteun.

Sy was ons geliefde Mevrou, sy het ons almal so baie lief gehad én ons vir haar! Hannetjie was ons voorloper en ‘n sterk vrou. Woorde is daar nie en ons harte is stukkend.

Ons het ‘n hoë boom hier op aarde verloor. Sy was ‘n engel wat elkeen van ons se lewens op een of ander manier aangeraak het, hetsy vir ‘n oomblik of vir jare. Ons kan ons daarin troos dat sy ‘n gelowige was en ‘n voorbeeld vir dié van ons wat nog hier op aarde is.

Ons innige meegevoel aan Ds. Paul, Hettie, Magdaleen, Hennie, Carel, hul huweliksmaats en die kleinkinders. Mag God julle deur hierdie moeilike tyd dra en julle veilig hou in Sy hande.



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button