SchoolsVryheid Herald

Pionier blink uit by PUK 16-Finaal

Hier heers groot opwinding, wanneer die o/14-spannetjie met die louere wegstap

Opgewonde, gesak en gestewel, vertrek die Pioniers na Potchefstroom om op 19-20 April aan die finale wedstryde van hierdie reeks deel te neem.

Die uitslae is as volg:

RUGBY

Die eerstespan wen teen Fochville, 22-10 en wen die plaatfinaal. Dijan Labuschagne word as speler-van-die-wedstryd aangewys. Die tweedespan verloor in die plaatfinaal teen Ben Viljoen, 0-17. Die o/16-span verloor teen Wolmaranstad, 8-41 en eindig algeheel tweede. Die o/15-span verloor teen Hans Strijdom, 3-30 en eindig 14de. Die o/14’s verloor teen Ben Viljoen, 7-38 en eindig tweede.

HOKKIE

Hier heers groot opwinding, wanneer die o/14-spannetjie met die louere wegstap en algeheel eerste in die finaal eindig, met ‘n telling van 4-0. Die o/15’s wen 5-0, verower die plaatfinaal en hulle eindig negende. Die o/16-span wen 2-0 en eindig ook eerste in die PUK-reeks. Die tweedespan wen 3-1, wen die plaatfinaal en eindig algeheel negende. Die eerstespan wen 5-0, eindig negende en wen die plaat. Die seuns eerstespan verloor 0-10 teen Ferrum en 0-3 teen Vryburg.

Simone Louw en Elaine Barnard is onderskeidelik speler-van-die-wedstryd, by die o/14 en o/15-wedstryde. So ook Mia Coetzee by die tweedespan en Ashley Loch by die eerstespan.

NETBAL

Die 0/14A-span verloor teen Riebeeckstad. Die o/15A-span wen 15-12 teen Leeuwenhof. Die o/16’s verloor 19-21 teen Leeuwenhof in ‘n naelbytwedstryd en beklee algeheel tweede plek. Die tweedespan wen 17-8 teen Schoonspruit, eindig algeheel negende en wen die plaat. Die eerstespan verloor 19-32 teen Vryburg en eindig algeheel 12de.

Zelma Bohmer, Liandri Grobler, Mia Pienaar en Minke Mentz, word onderskeidelik as spelers van die wedstryde aangewys.

ALSO READ: Pioniers laat die wiele rol

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button