Pionier se redenaars presteer mooi
Fihli Tsotetsi het eerste in haar kategorie geëindig en gaan DV Pionier by die ATKV se finaal verteenwoordig
Op Vrydag, 17 Mei, het ses van ons redenaars aan die ATKV se provinsiale ronde te Huttenpark, Newcastle, gaan deelneem: Fihli Tsotetsi, Leandri Grobler, Mia Pienaar, Mia Bosman, Kyla Bosman en Ivone Lombard. As gevolg van lae provinsiale deelnamegetalle teenoor die ander provinsies, kan slegs EEN redenaar per kategorie na die finale SA-ronde deurdring. Pionier is weereens borsbarstrots op ons leerders, wat te midde van strawwe kompetisie, vir geen ander redenaar hoef terug te staan nie, want een van daardie sprekers gaan ‘n blou Pionier-baadjie dra!
Fihli Tsotetsi het eerste in haar kategorie geëindig en gaan DV Pionier by die ATKV se finaal verteenwoordig. Baie geluk, Fihli, en al die ander wat ook uitstekend gevaar het, want vyf van ons redenaars eindig onder die top 10 in KZN:
Eerste: Fihli Tsotetsi (Addisionele Taal Voorbereid – Graad 10-12);
Vyfde: Leandri Grobler (Afrikaans Huistaal Voorbereid – Graad 8-9);
Sesde: Mia Bosman (Afrikaans Huistaal Voorbereid – Graad 10-12);
Sewende: Ivone Lombard (Afrikaans Huistaal Voorbereid – Graad 8-9);
Tiende: Kyla Bosman (Afrikaans Huistaal Voorbereid – Graad 8-9).
Dit is lekker om die redenaarseisoen op ‘n goue noot af te sluit!
SKYFSKIETKOMPETISIE:
Graag wil ons Mev Susan de Lange geluk toewens met die groot prys van ‘n wildsjagnaweek vir vier by Shayamoya-boskamp asook een nyalabul (dit is nie ‘n trofeejag nie) wat sy gewen het. Hierdie gesogte prys is aan Pionier geskenk. Die kaartjieverkoper was haar eie kleindogter, Suzaan Reinecke. Die Pionier-skut wat die meeste kaartjies verkoop het was Wileze Scheepers. Nogmaals geluk, ons hoop julle geniet julle wenpryse.
ALSO READ: Pioniers is dankbaar
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



