Newcastle AdvertiserSchools

Volkies groet ‘n geliefde onderwyser

Geliefde onnie, Hannetjie Taljaard tree af na 18 jaar se onderrig, afrigting en inspirasie aan Hoërskool Volksrust.

Na 18 jaar van onskatbare diens neem ons afskeid van ‘n besondere kollega, Hannetjie Taljaard, met haar welverdiende aftrede.

Sy was vir jare ‘n uiters bekwame, toegewyde wiskunde-onderwyseres (hoofsaaklik vir matrieks), asook ‘n geliefde departementshoof.

As seniormerker het sy ‘n groot rol in die nasionale matriekeksamen gespeel.

Hannetjie se invloed het regdeur die skool gestrek: sy het hokkie en tennis afgerig, op die bestuurspan gedien, bloedskenk georganiseer, matriekeksamens gekoördineer en as SAOU-verteenwoordiger vir die personeel opgetree.

Sy het ook leerders op onvergeetlike oorsese toere begelei.

As oudleerder van Hoërskool Volksrust het sy haar ma opgevolg in ‘n trotse wiskunde-tradisie en haar eie kinders het ook hul merk gemaak in akademie, sport, kultuur én as leiers by dieselfde skool.

Vir haar kollegas was sy altyd ‘n toonbeeld van determinasie, hoë standaarde en opregte omgee. Sy is die persoon wat altyd die ekstra myl gestap het – vir leerders én kollegas.

Buite die skool is Hannetjie op haar gelukkigste wanneer sy kan reis, stilte en vrede in die wildtuin vind, kan padel of tennis speel, fietsry en stap in die buitelug.

“Baie dankie vir alles wat jy vir Hoërskool Volksrust beteken het. Dankie, Hannetjie, vir jou onwrikbare toewyding, jou warm hart en jou kosbare nalatenskap. Ons wens jou ‘n aftrede vol avontuur, natuur, baie padel-wenne en tyd saam met jou kleinseun (en geliefdes) toe. Mag jou volgende hoofstuk net vreugde bring!”



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Inligting verskaf

Die inhoud van hierdie artikel is verskaf deur Hoërskool Volksrust

Related Articles

Back to top button