Newcastle AdvertiserSport

KZN Jukskei-spelers presteer tydens SA Senior-Jukskeikampioenskap

Vir die eerste keer in baie jare het KwaZulu-Natal met ses spanne aan hierdie kampioenskap gaan deelneem en kan daar met vele prestasies gespog word.

KZN se jukskei-spelers het sopas teruggekeer van die 82ste SA Senior-Jukskeikampioenskap.

Die kampioenskap was aangebied te Jukskeipark in Kroonstad vanaf 24 tot 31 Maart.

Vir die eerste keer in baie jare het KwaZulu-Natal met ses spanne aan hierdie kampioenskap gaan deelneem en kan daar met vele prestasies gespog word.

Op Saterdag, 25 Maart was die Nasionale Dubbelspel gespeel.

  • Senior Mans: Albert Stoop en Jaco Vorster eindig tweede en wen ‘n silwer medalje.
  • Ope Afdeling: JJ le Roux en Kobus Uys wen hierdie afdeling en daarmee saam ook ‘n prysgeld.

Die spanne was as volg:

  • Spanbestuurder: Anzel Stoop (Kingsley)
  • Senior Mans A1 (Kopersbond Trofee): Albert Stoop (Kingsley), Cameron Taylor (Vryheid), Rudi Wolmarans (Vryheid) en Jaco Vorster (Vryheid).
  • Senior Mans A2 (Sanlam Trofee): Hennie Claasen (Durban), Peet Dreyer (Leenspeler OG), Shaun McAlister (Newcastle) en Johan Pretorius (Vryheid).
  • Senior Vroue A1 (Uniewinkels Trofee): Annamarie Kapp (Margate), Dinika Vorster (Vryheid), Ester de Villiers (Newcastle) en Florinda Vorster (Vryheid).
  • Senior Vroue A2 (Pikkie Uys Trofee): Annamarie Stevens (Durban), Ina Wride (Leenspeler OK), Nelmarie Taylor (Vryheid) en Daleen Roos (Newcastle).
  • Mans Bo 50 A1 (Caltex Trofee): Antoon Claasen (Durban), JJ le Roux (Leenspeler WK), Kobus Uys (Durban) en Joseph de Klerk (Durban).
  • Mans Bo 50 A2 (Slanghoek Trofee): Andries Buitendag (Durban), Pieter van Reenen (Margate), Apie Buitendag (Durban) en Tom Prins (Kingsley).

Die amptelike opening van die kampioenskap het op Sondag, 26 Maart plaasgevind waar daar ook erkenning gegee is aan al die vorige jaar se presteerders en nasionale spelers.

Maandag word daar in sommige afdelings tot ses wedstryde gespeel. ‘n Wedstryd duur 75 minute en dit was ‘n lang dag gewees.

Die Dinsdag word daar ook ses wedstryde gespeel waarna daar na afloop van die dag se spel, die onderskeie proefspanne aangekondig word.

Hierdie spanne speel die volgende dag vir die finalisering van die Nasionale spanne.

Die volgende spelers het KZN in hierdie proefspanne verteenwoordig:

  • Senior Mans: Albert Stoop.
  • Junior (0/30) Mans: Cameron Taylor, Rudi Wolmarans en Jaco Vorster.
  • Mans Bo 50: JJ le Roux.
  • Mans Bo 60: Antoon Claasen en Joseph de Klerk.
  • Junior (0/30): Vroue: Dinika Vorster en Florinda Vorster.
  • Vroue Bo 50: Annamarie Kapp.
  • Vroue Bo 60: Ester de Villiers.

Woensdag word drie rondtes proefwedstryde gespeel met nog drie spanspelwedstryde. Na afloop van die spel word die Nasionale spanne aangekondig, wat die Donderdag teen die Nasionale spanne van Namibia sal speel.

Die volgende spelers van KZN verwerf hulle Nasionale kleure:

  • Daleen Roos: Spanbestuurder Nasionale Bo 50 en 60 Mans en Vroue
  • Albert Stoop: Senior Nasionale Mans
  • Jaco Vorster: Junior Nasionale Mans
  • Florinda Vorster: Junior Nasionale Vroue en kaptein van die span
  • Dinika Vorster: Junior Nasionale Vroue

Vroeg Donderdagoggend vind die opstap en sing van die Nasionale Volkslied plaas voordat die onderskeie toetswedstryde gespeel word teen Namibia. Hierdie wedstryde word aangebied deur die Internasionale Jukskei Federasie.

Baie geluk aan al bogenoemde deelnemers wie se spanne ‘n goue medalje verower het in al hulle onderskeie afdelings.

Na afloop van hierdie wedstryde kondig die President van die Internasionale Jukskei Federasie vier wêreldspanne aan (Senior Mans en Vroue en Bo 50 Mans en Vroue) wat laatmiddag teen mekaar gespeel het.

Hierdie was vertoonwedstryde tussen die vier spanne, maar het elkeen ook ‘n IJF (Internasionale Jukskei Federasie) medalje ontvang.

Baie geluk aan Daleen Roos wat as Spanbestuurder vir die Bo 50 Mans en Vroue aangewys is.

Vrydag word die laaste drie wedstryde gespeel met van KZN se spanne wat goed op die punteleer lê vir medaljes.

Tydens die prysuitdeling ontvang KZN Jukskei Federasie die volgende medaljes en erkenning:

  • Senior Mans A1 (Kopersbond) Vierde plek
  • Senior Vroue A1 (Uniewinkels) verower die brons medalje
  • Senior Mans A2 (Sanlam) verower ook die brons medalje
  • Mans Bo 50 A1 (Caltex) wen hierdie afdeling en ontvang die goue medalje

Merietetoekennings word aan Shaun McAlister en Johan Pretorius gegee vir hulle spel gedurende die week in die Mans A2 afdeling.
Algeheel eindig KZN Jukskei in die vierde plek wat ‘n puik prestasie is met provinsies en distrikte wat baie meer spelers het om van te kies.

Baie geluk aan elke KZN Jukskei-speler. Julle het puik jukskei gespeel!

See photos here:

 


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button