Local sportSport

Jongspan oppad na jukskei kampioenskappe

Jong jukskeispelers van Newcastle is op pad na die Suid Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskap vanaf Desember 14 tot 19 te Kroonstad. Die Newcastle Jukskeiklub is trots op die volgende junior spelers wat gekies is om KwaZulu-Natal te verteenwoordig: Henco Daniels en Ulrich van Rensburg is gekies vir die Seuns Laerskoolspan. Henry van den Bergh is gekies …

Jong jukskeispelers van Newcastle is op pad na die Suid Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskap vanaf Desember 14 tot 19 te Kroonstad.

Die Newcastle Jukskeiklub is trots op die volgende junior spelers wat gekies is om KwaZulu-Natal te verteenwoordig:

Henco Daniels en Ulrich van Rensburg is gekies vir die Seuns Laerskoolspan.

Henry van den Bergh is gekies vir die seuns onder 13 span.

Evan Daniels, Guillaume van Rensburg, Nduduzo Mbonane, China Mazibuko en Mpumelelo Sithole almal gekies is vir die seuns 0/19 Akademiespan.

Die spelers gaan saam met hul afrigters, Daleen Roos en Annie van den Bergh die kampioenskappe aandurf.

Die klubbestuur en spelers wens die juniors en afrigters alle sukses toe met die kampioenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button