Elkeen ‘n wenner ten spyte van die reen
"Ons harte loop oor van dankbaarheid en ons is trots om deel te wees van 'n ondersteuningsnetwerk wat omgee en nie huiwer om, op watter manier ookal, by te dra en te help nie."
REËN is ‘n teken van seën, en dit is die gepaste beskrywing vir die Braam van Niekerk-golfdag wat die afgelope Saterdag plaasgevind het.
Ons harte loop oor van dankbaarheid en ons is trots om deel te wees van ‘n ondersteuningsnetwerk wat omgee en nie huiwer om, op watter manier ookal, by te dra en te help nie. Ons Van Niekerk-gesin wil graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir ieder en elk wat hierdie dag moontlik gemaak het ten einde fondse in te samel sodat Braam die nodige mediese behandeling kan kry. As gevolg van die reën was daar geen amptelike wenner op die dag nie. Die positiewe gesindhede van elke speler en ondersteuner het egter verseker dat elkeen as ‘n wenner van die baan gestap het!
Baie dankie aan die volgende persone en instansies vir jul ruim borge: Abrie Landman; Aldus Becker van At Moolman; Autobahn Tyres; Basie Steenkamp van Protea Tyres; Be Spoilt Haarsalon; Bivane Feeds; Cash and Carry Liquors; Cox en Vennote; Danie en Elizna van der Merwe; Debonairs Pizza; Dee’s Restaurant; Didingwe Lodge; die van Rooyens van Zwathi; Dieter en Ronelie Prigge; Elephant Hills B&B; Ewald en Deidré Hinze; Farmers Agricare; Farmtrac; Francois du Plessis; Fritz le Roux; GP en Izak Uys van Thangami; Habitat; Hannes en Mitzi van Rensburg; Hannes Venter; Horst Hellberg; Hugo en Elsabé Joubert; Inyanga Motors; Jacques van Vuuren van Holkrans; Jakkie en Lood; Jan-Hendrik en Melissa Smit; JMR; Johanet Steenkamp; John Deere; Joppie Fourie; Karel Landman; Kia Motors; Koos Mengel; Lenjane Boerevereniging; Leunis en Johané van Rooyen; Manie en Tokkie Muller; Marlize Alberts Photography; Marthinus Herbst; Mascor; Mundus en Janine; Nissan; NN Bodyworks; PG Glass; Paul Kruger; Pick ‘n’ Pay; Piet Maree van NTT Toyota; Pixalation; Profhulp Makelaars; PSG (Hoogstraat); Quinton en Corleé Herbst; Rea de Bruyn; Rosella; SAB; SP Olivier; Spoor Safaris; Spur; Thiele Estate; Thys Calitz; Tommie Bouwer; Tommie van Old Mutual; TWK; Vryheid Country Club; Vryheid Meatmasters; Werner Scheepers; Witmfolozi Boereverening; Yolanda Becker; Zoetis Dieregesondheid en so ook elkeen wat verkies om anoniem te bly.
Aan God al die eer!



