Local sportSport

Noord Natal Pluimbal Unie – Beplanning vir Pluimbalseison gedoen

Met die volgende Noord-Natal vergadering sal die Noord-Natal liga vir 2015 se bepalings bekend gemaak word. Daar word ook beplan om verskeie Noord-Natal toernooie op die verskillende dorpe te reël. Datums en bepalings sal later bekend gemaak word aan klubs.

 

OP VRYDAG, 20 Februarie, het die Noord-Natal Komitee en verteenwoordigers van klubs in Vryheid, Ladysmith, Newcastle en Harrismith op Ladysmith byeengekom en die beplanning vir die 2015-seisoen gedoen.

Dit was duidelik dat die verteenwoordigers van die verskillende klubs baie entoesiasties om vanjaar ’n suksesvolle pluimbal-seisoen te maak. Alle klubs en spelers moet by Noord-Natal Pluimbal Unie affilieer teen die volgende koste: sosiale spelers R35-00 per jaar; klubs R300-00 per jaar; spelers wat Noord-Natal verteenwoordig tydens SA Toernooie en wedstryde R226-00 per jaar en juniors R118-00 per jaar. Al bogenoemde bedrae is betaalbaar teen 30 Maart, behalwe die spelers wat Noord-Natal verteenwoordig. Hulle moet voor 28 Februarie die bedrag van R226-00 vir die jaar betaal sodat hul SA nommer geaktiveer kan word.

Die volgende is die datums van die belangrikste kampioenskappe en toernooie vir 2015: 14 Maart: B-kampioenskappe (Ladysmith); 28 Maart: Johann Birkenstock Herdenkings Toernooi (Vryheid); 11 April: A + C-kampioenskappe (Vryheid); 19-24 April: SA Silwer Arende Kampioenskappe en Interprovinsiale toernooi (Johannesburg); 16-23 Mei: SA Meesters Kampioenskappe en Interprovinsiale toernooi (Oos-Londen); 7-13 Junie: SA Goue Arende Kampioenskappe en Interprovinsiale toernooi (Kimberley); 5-11 Julie: SA Plattelande Kampioenskappe en Inter-distrikte toernooi (Secunda); 8-14 Augustus: SA Veterane Kampioenskappe en Interprovinsiale toernooi (Bloemfontein); 6-12 September: SA Groot Meesters Kampioenskappe en Interprovinsiale toernooi (Kimberley) en 24-31 Oktober: SA Woodroffe Toernooi (Bloemfontein).

Met die volgende Noord-Natal vergadering sal die Noord-Natal liga vir 2015 se bepalings bekend gemaak word. Daar word ook beplan om verskeie Noord-Natal toernooie op die verskillende dorpe te reël. Datums en bepalings sal later bekend gemaak word aan klubs.

Dit is baie goed om te sien dat oefen-aande baie goed bygewoon word in Vryheid en dit is ook aangenaam om die gesigte van “ou bekende” en verskeie nuwe spelers op die baan te sien. In die verband wil ons baie welkom sê aan Stephanie, Norman, asook Francois.

Vryheid Impala Pluimbalklub se oefendae is elke Maandag en Vrydag vanaf 6:00nm by die Eeufees Sport Sentrum te Cecil Emmet Park. Alle spelers en beginners is welkom om te kom speel. Rakette en pluimpies word deur die klub voorsien en afrigting word aan alle belangstellendes gegee. Bring gerus julle kinders saam saal toe en kom geniet ’n heerlike tyd saam met die ander spelers. Vir enige navrae kontak gerus vir Johann by 083 564 4812.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button