Local sportSport

Jukskeispelers vind hul merk

Daleen Roos het ook 'n goue medalje verwerf, nadat die onderskeie toetse teen Namibië deur die Suid-Afrikaners gewen is.

Noord KwaZulu-Natal jukskeispelers het pas teruggekeer vanaf die 2015 Suid Afrikaanse Jukskei Kampioenskappe.

Die kompetisie het op 10 April ten einde geloop te Jukskeipark, Kroonstad.

Spelers van die omgewing sowel as beamptes het NKZN trots gemaak met hulle onderskeie prestasies, behaal soos volg:

Nasionale Kleure (Protea)

Daleen Roos (Newcastle) – spanbestuurder van die Nasionale Spanne wat op April 26 na Omaruru vir Toetswedstryde teen Namibië vertrek;

Antoon Claasen (Durban) – ingesluit in die Nasionale Mans Bo-50 span;

Annatjie van der Merwe (Margate) – ingesluit in die Nasionale Vroue Bo-50 span;

Daleen, Antoon en Annatjie het ook goue medaljes verwerf, nadat die onderskeie toetse teen Namibië deur die Suid-Afrikaners gewen is.

SA ‘A’ Kleure (Korporatief)

Marleen Janse van Rensburg (Vryheid) – ingesluit in die SA A Senior Vrouespan;

Florinda Vorster (Vryheid) – ingesluit in die SA A Junior Vrouespan;

Marleen het ‘n silwer medalje verwerf in haar wedstryd teen die Nasionale SA Senior Vrouespan, terwyl Florinda ‘n goue medalje behaal het na haar wedstryd.

Ander prestasies is soos volg:

Janet von Wielligh (Vryheid) en Christine Kruger (Richardsbaai) word aangewys as uitblinkers in die Vroue A2 Afdeling.

Vroue A1 (Uniewinkels) het ‘n bronsmedalje in hulle afdeling gewen, en daar was slegs sewe punte verskil tussen die span en die wenners in hulle afdeling.

Die Mans Bo-50 A1 (Caltex) eindig in sewende plek – hierdie is a goeie prestasie, aangesien die afdeling geweldige sterk is.

Mans Bo-50 A2 (Slanghoek) eindig in vyfde plek.

Heelwat van KZN se spelers en beamptes was ook ingesluit in die onderskeie Provinsiale Groepwedstryde – baie geluk aan die volgende deelnemers:

Senior Mans – Dons Vorster (Vryheid); Senior Vroue – Marleen Jv Rensburg (Vryheid) en Annie vd Bergh (Newcastle); Junior Vroue – Florinda Vorster (Vryheid); Mans Bo-50 – Antoon Claasen (Durban) en Kobus Uys (Durban); Vroue Bo-50 – Annatjie vd Merwe (Margate), Petro Marais (Newcastle) en Elsabe Vos (Newcastle).

Newcastle Jukskeiklub het onlangs hulle algemene jaarvergadering gehou en die nuutverkose bestuur is soos volg:

Voorsitter: Dewald Hurter; Sekretaresse: Daleen Roos; Lid: Annie vd Bergh.

Die algemene jaarvergadering datum vir NKZN is Mei 25 te Vryheid, terwyl die datum vir KZN Provinsie is Junie 6 te Richardsbaai.

Jukskei-oefeninge sal weer tten die einde van Julie hervat word.

Enige belangstellendes wat graag wil kom saamspeel is welkom – kontak Daleen Roos by 083 375 6527 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button