Local sportSport

Vryheid Mountainbiking Club – Bly net bo

With various rides catering for the whole family, it is an event that van truly be enjoyed by all. Everette en Sandra Haywood het deelgeneem aan die baie tegniese 60km en die wedren voltooi in 'n tyd van 3:35, 25 minute vinniger as die vorige jaar.

THIS past weekend saw a few mountain bikers take part in the well known and very technical, Karkloof Classic in Pietermaritzburg.

With various rides catering for the whole family, it is an event that van truly be enjoyed by all. Everette en Sandra Haywood het deelgeneem aan die baie tegniese 60km en die wedren voltooi in ‘n tyd van 3:35, 25 minute vinniger as die vorige jaar. San het ook derde prys in haar kategorie gewen en was die sewende vrou. Marius van Eden het ook die 60km voltooi in ‘n tyd van 4:00. Sy vrou, Elize van Eden, het die 40km voltooi in 3;32. Heidi en Carl Davel het die 40km gery in 5:00 en hul seun Duan die 10km in 33min. Baie geluk julle.

Verlede naweek het ‘n paar ander bergfietsryers aan die eerste bergfietswedren van die Big 5 reeks in Mntunzini gaan deelneem. Riaan (2:23) en Lize Swanepoel (2:45), Wynand (2:46) en Loumey Swanepoel en Ronell Keeve (2:57). Lize en Ronell was onderskeidelik tweede en derde in hul ouderdoms kategorie.

Op 15 en 16 Augustus bied Vryheid ‘n groot bergfiets Stage Event aan: Meatmasters Mountain Challenge vanaf Bloemveld Dam. 90km en 70km op twee agtereenvolgende dae en 21km en 10km bergfiets en trailruns op die Saterdag. Meer inligting op www.bambathaevents.co.za of skakel 083 633 4223. Rede om te oefen Vryheid!

Sterkte aan die manne wat hierdie week die Sani2C stage event doen! Drie dae van harde fietsry in die mooiste omgewing! Julle het hard geoefen. Ons is seker julle gaan lekker ry. Onthou: bly net bo!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button