Local sportSport

Vryheid Resiesduifklub – Goeie weer vir wedvlugte

Klein Potgieter vlieg met vyf jong duiwe per wedvlug, maar kry nogtans goeie plekke. Hy sal volgende jaar beslis 'n factor wees met n groter span duiwe.

WEDVLUGTE vanaf Vrede (afstand 157km) en Paul Roux (afstand 285km) was gevlieg in mooi weer teen ‘n windspoed van 1254mpu en 1329mpu onderskeidelik.

Leon le Roux se duiwe was witwarm en wen albei vlugte. Hy behaal ook die volgende plekke: Vrede 1; 3; 4; 10; 11 en 12 en Paul Roux 1; 3; 4; 5; 13; 14; 15; 16; 17; 18 en 19.

Dirk en Mariska Norval begin hulle stemme sommer vroeg dikmaak nieteenstaande dat hulle net met jongduiwe kompeteer teen van die ander manne se ou duiwe. Hulle behaal plekke soos volg: Vrede: 2; 7; 8; 13; 16 en Paul Roux: 2 en 20.

Charles du Toit: Vrede: 5; 6; 9; 15; 17; 18 en Paul Roux: 6; 7; 8; 9; 10 en 11. Mooi, Charles.

Klein Potgieter vlieg met vyf jong duiwe per wedvlug, maar kry nogtans goeie plekke. Hy sal volgende jaar beslis ‘n factor wees met n groter span duiwe.

Robin Symes het ons lelik skrikgemaak verlede jaar en is nog nie lekker uit die blokke nie, maar hou hom gerus dop die res van die seisoen.

Hoe het Naas Botha gesê: “Die Currie Beker word nie in Junie gewen nie.” Ons klubkampioenskap ook nie.

Lekker oefen die week. Ons mandjie Donderdagaand. Kontak Charles du Toit op 084 878 8462.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button