Local sportSport

Kampioene uit stal van Jurust SA Boerperd stoet

'n Totaal van 132 perde was ingeskryf vir die skou wat gesamentlik deur Natal en Mpumalanga streek aangebied is en perde en ruiters uit verskeie provinsies het deelgeneem.

TYDENS die TransNatal SA Boerperdstreekskampioenskap wat van 11 – 14 Mei in Standerton gehou was het Jurust Stoet van Koos Uys (Snr) puik presteer. Baie geluk!

‘n Totaal van 132 perde was ingeskryf vir die skou wat gesamentlik deur Natal en Mpumalanga streek aangebied is en perde en ruiters uit verskeie provinsies het deelgeneem.

Jurust Impi is aangewys in die Universele Teelklasse as die Groot Kampioen “Supreme” Hings en Jurust Honey is aangewys in die Universele Teelklasse as die Groot Kampioen “Supreme” merrie. Koos Uys (Snr) is die teler en eienaar van die perde, Beide perde het verskeie ander kampioenskappe en klas prestasies behaal. Jurust Impi is ook aangewys as die Reserwe Kampioen Ryperd en is gery deur Dean McLean. Jurust Honey is vertoon deur Megan Van Der Westhuizen. Jurust 86 Fire is aangewys as die Reserwe Trad 5 Gang Kampioen. Die eienaar is Jimmy Fourie van Buka SAB stoet en die ruiter was Gert.

Die Nasionale SA Boerperdkampioenskappe vind plaas vanaf 29 Junie – 4 Julie in Parys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button