Vryheid Resiesduifklub – Vinnige vlug lewer interessante uitslae
Die duiwe kon toe ook eers om 9:30vm op Kroonstad en 9:45vm op Bethal losgelaat word en dit was op albei kante wedvlugte waar die duiwe teen a baie hoë spoed gevlieg het en lewer dan ook interessante resultate op albei die wedvlugte op.
WEEK vyf van die vlieg seisoen het asgevolg van slegte weer op Saterdag eers op Sondag, 28 Junie plaasgevind.
Die duiwe kon toe ook eers om 9:30vm op Kroonstad en 9:45vm op Bethal losgelaat word en dit was op albei kante wedvlugte waar die duiwe teen a baie hoë spoed gevlieg het en lewer dan ook interessante resultate op albei die wedvlugte op.
Uitslae soos volg: Bethal Ope. Distansie 186 km. Wenspoed 1499 meter per minuut: Leon le Roux: 1; 4; 12; 13 en 19. Charles du Toit: 2; 5; 6; 17 en 18. Dirk en Mariska Norval: 3; 7; 8; 9; 15 en 16. Robin Symes: 10; 11; 14 en 20. Kroonstad Ope. Distansie 350 km. Wenspoed 1658 meter per minuut: Charles du Toit: 1; 2; 11 en 17. Leon le Roux: 3; 4; 5; 6; 13 en 16. Robin Symes: 7 en 12. Dirk en Mariska Norval: 8; 9; 10; 15; 18; 19 en 20. Klein Potgieter: 14.
Die komende naweek is dit twee jaar oud vlugte van onderskeidelik Vrede en Kestel.