Vryheid Voëlklub – Uit die papegaai se bek
Daar was 890 voëls en 48 uitstallers van reg oor die land. Kompetisie was van hoogstaande gehalte. Daar was 12 kanarie spesies en ‘n totaal van 641 kanaries en ook papegaaie, vinke en verskeie hok voëls.
“GOEIEDAG, Vriende, en jammer dat ek nou eers kans kry om julle terugvoering te gee oor die afgelope Vryheid Voëlskou.”

“Weereens was die skou ‘n groot sukses en bly een van die beste skoue in die land. Daar was ‘n baie groot verskeidenheid voëls op die skou en van hoogstaande gehalte. Baie geluk aan die Vryheid lede en bestuur vir hulle harde werk en deeglike beplanning om ‘n suksesvolle skou aan te bied. Dankie aan al die borge van lede en besighede. Sonder die bydrae sou ons net nie kon voortgaan om die besondereskou te kan aanbied nie.”
Daar was 890 voëls en 48 uitstallers van reg oor die land. Kompetisie was van hoogstaande gehalte. Daar was 12 kanarie spesies en ‘n totaal van 641 kanaries en ook papegaaie, vinke en verskeie hok voëls.
Vryheid lede presteer goed en behaal die volgende plekke:
- Mossie Weber: 1ste; 2de; 4de; 6de en 7de beste Afrika voël; 1ste; 2de en 3de Buitelandse voël en 1ste;3de en 7de beste Suid Afrikaanse voël.
- Dirk Norval: 2de; 3de en 6de beste Suid Afrikaanse voël.
- Johan Labuschagne: 1ste; 2de en 5de beste Papegaai.
- Henry Annandale: 6de beste Papegaai.
- Piet du Toit: 3de beste Gouldian vink.
- Marius Koekemoer: beste Gloster kanarie op die skou.
- Casper Lourens: 5de beste Buitelandse voël.
- André van Schalkwyk: 1ste, 3de en 4de beste Rooi kanarie.
- Kobus Craffert: 5de en 6de beste Dutch Frill kanarie en 3de beste Fiorino Frill kanarie op skou.
- Marieta Scheepers: Beste Muil op skou, 2de beste Kleur kanarie en 6de beste Fiorino Frill kanarie.
- André Barnard: 1ste; 4de en 5de Kleur kanarie; 2de, 3de en 7de Dutch Frill kanarie; 3de beste Parisian Frill kanarie en 5de beste Fiorino Frill kanarie.
“Baie geluk aan al die lede en voëls. Soos julle op die uitslae kan sien het Johan, my eienaar, weer die papegaaie gewen en 2de en 5de plekke. Wel, ek was weer die beste Ringnek op skou maar is die keer deur een van my huisvriende geklop vir die beste papegaai op skou. Dit was ‘n Bloukop Pionus, baie geluk aan hom. Dit was die laaste skou in Natal en dit is nou nog net die Nasionale Skou op 9 Julie in Bloemfontein. Ek sien baie uit daarna want dit sal my eerste nasionale skou wees en ek hoop om goed te doen. Ek hoor hulle sê ek moet ekstra vere saamvat want Bloemfontein is baie kouer as Vryheid. Ek hoop Vryheid se mense hou vir my duim vas. Ek sal julle laat weet hoe het dit gegaan.
Groete,



