Vryheid Mountainbike Club – Fietsryers hou die Vryheid naam hoog
Ons is besig om lekker te ry op ons roetes vir die Meatmasters Mountain Challenge op 15 Augustus. En ons is hard besig aan die bou van nuwe gedeeltes van die roetes. Vir die wat vinnig spring is daar dalk nog 'n gratis t-hemp beskikbaar.
MET ons heerlike wintersmiddae was dit wonderlik om ons kinders by die huis te hê hierdie vakansie en heerlik om in die middae te gaan fietsry.
Die fietsgroepie het natuurlik weer die afgelope tyd aan twee wedrenne deelgeneem. Everett en Sandra Haywood het weer aan ‘n baie strawwe Swaziland wedren deelgeneem en weereens die wedren gewen en groot prysgeld gewen. Zauco van den Berg was eerste in die senior mansafdeling. Baie geluk. Julle hou Vryheid se naam hoog.
Riaan (2:06) en Lize Swanepoel (2:20) het die afgelope naweek aan hulle vierde Big 5 wedren by Kwambo deelgeneem en Lize het ‘n algehele derde plek behaal. Sy doen elke keer beter en beter. Baie geluk, Lize.
Ons is besig om lekker te ry op ons roetes vir die Meatmasters Mountain Challenge op 15 Augustus. En ons is hard besig aan die bou van nuwe gedeeltes van die roetes. Vir die wat vinnig spring is daar dalk nog ‘n gratis t-hemp beskikbaar. Vir inskrywings vir die ‘trail runs’ en bergfiets wedrenne, gaan na www.bambathaevents.co.za of kontak Ronell op 083 633 4223.



