Local sportSport

Vryheid Atletiekklub – ‘n Paar veranderinge by die atletiekklub

The other change at the club is that the trail run group will be starting at the game park gate on a Tuesday afternoon at 5:00pm. There will also be a trail run time trial on a Thursday afternoon at 5:15pm, together with the traditional time trial. For the trail run time trial it might be better to bring a light, because there are no street lights to light the way.

MET die draai van die seisoen kom daar ook ‘n paar veranderinge by die atletiekklub.

Die oggend groep gaan nou nie net Maandae, Woensdae en Vrydae, vyfuur oefen nie, maar ook Dinsdae vyfuur vanaf Stegen’s garage. Die oggend groep dames wil graag vir Meshak bedank dat hy so mooi na hulle kyk in die oggende. Hulle voel baie veiliger omdat jy altyd vir hulle omdraai en vir hulle sorg.

The other change at the club is that the trail run group will be starting at the game park gate on a Tuesday afternoon at 5:00pm. There will also be a trail run time trial on a Thursday afternoon at 5:15pm, together with the traditional time trial. For the trail run time trial it might be better to bring a light, because there are no street lights to light the way.

Saterdae gaan daar twee opsies beskikbaar wees om te hardloop: vyfuur soggens vanaf Stegen’s garage en 2:00nm sal daar ‘n trail run plaasvind.

Na die Comrades was ons lede maar redelik stil wat resies aanbetref, maar Lorraine van der Nest het die stilte gebreek deur in Witrivier deel te neem aan ‘n 21km wedloop en het vir ons sommer baie trots gemaak deur die Grandmaster prys in te palm. Geluk, Lorraine!

Onthou dat die Meatmasters resies op Saterdag, 15 Augustus plaasvind. Die vooraf-inskrywings is goedkoper en sluit op Maandag, 10 Augustus. Maak dus seker dat jy jou oefening en inskrywing op datum kry. Daar is te kies tussen 10km en 21km hardloop en dieselfde afstand kan ook met die fiets afgelê word. Vir verdere besonderhede oor die resies kontak Ronell by 083 633 4223.

Om aan te sluit by die Vryheid Atletiekklub of vir verdere besonderhede, kontak gerus ons sekretaresse, Carla, by 084 477 7704.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button