Vryheid Atletiekklub – Heerlike aande vir draf of stap
Die oggend groep het ook nou formeel met Comrades voorbereiding begin. So as dit jou doel vir 2016 is, is dit tyd om elke oggend 5uur by Stegen’s garage in te klok en ook om vir Comrades in te skryf, want die inskrywings sluit einde November.
ALHOEWEL dit nou eers November is, waar tradisioneel nog korter afstande gehardloop word, is daar Saterdag, 7 November, ‘n paar van ons lede wat die Kaapsehoop Marathon in Nelspruit gaan hardloop.
Baie sterkte aan julle wat hierdie 42km gaan aandurf.
Die oggend groep het ook nou formeel met Comrades voorbereiding begin. So as dit jou doel vir 2016 is, is dit tyd om elke oggend 5uur by Stegen’s garage in te klok en ook om vir Comrades in te skryf, want die inskrywings sluit einde November.
Die Jaareindfunksie vind op Vrydag, 13 November plaas by die Pionier losie. Die kaartjies is beskikbaar teen R100 per persoon by Carla. Die tema om volgens aan te trek is: ‘Hippies en Hobos.’ Kom geniet die aand saam met ons, waar harde werk en goeie tye beloon word.
Hou ook asb al Donderdagaand, 26 November oop vir die Algemene Jaarvergadering. Dit is van uiterste belang dat julle, die lede, die vergadering bywoon om julle bydrae te lewer tot julle klub.
Die aande is nou heerlik, so kom draf/stap gerus saam op ‘n Donderdagaand. Die tydtoets vind om 5:30nm plaas en almal is welkom om aan die tradisionele 5/10km tydtoets op die pad deel te neem, of aan ‘n 5km trail tydtoets. Onthou ook om iets saam te bring vir die bring-en-braai daarna.
Om aan te sluit by die Vryheid Atletiekklub of vir verdere besonderhede, kontak gerus ons sekretaresse Carla by 084 477 7704.



