Local sportSport

ATKV bied Rolbaltoernooi aan

Ons wil ook ons eie ATKV lede bedank vir hulle harde werk en hulle wat elke Donderdagaand teenwoordig was met die bowls toernooi.

Die ATKV-Glencoe tak het gedurende Oktober (vir 4 Donderdagaande) ‘n rolbaltoernooi aangebied. Dit het op die 4 Oktober begin. Daar word spanne saamgestel met 4 spelers in ‘n span (2 rolbalspelers sowel as 2 nie-rolbalspelers). Daar het 22 spanne ingeskryf (wat beteken dat daar 88 spelers gespeel het. Almal was baie opgewonde en die spelers kon nie wag om te begin speel nie.
Daar is ook besluit om 2 houers gedurende die toernooi te plaas sodat toeskouers en spelers items daarin kon plaas. Die een houer se inhoud is aan die DBV oorhandig (met hondekos, katkos en ander items wat vir die diere gebruik kan word) en die ander houer met kosware is aan die SAVF Dienssentrum in Glencoe oorhandig. Die insamelings is deur die voorsitter van die ATKV aan die twee instansies oorhandig: Ayanda van die Dierebeskermingsvereniging, en Essie Slabbert van die SAVF Dienssentrum
Die ATKV het ook lank voor Oktobermaand se rolbal toernooi ‘n “hamper” uitgeloot (‘n kissie met 6 bottels wyn en heelwat lekkernye) wat vir ‘n prys van R20 uitgeloot is. Mev Jossie Pelser, ‘n ATKV lid, het die “hamper” gewen.
Daar is elke Donderdagaand ook kos verkoop sodat die spelers en nie-spelers nie hoef bekommerd te wees om by die huis te gaan kos maak nie.
4de Oktober – Heerlike warmbrakke is op die spyskaart; 11de Oktober- Smaaklike Hamburgers is verkoop; 18de Oktober – Gevulde vetkoeke is aangebied; 25ste Oktober – ‘n Heerlike bring en braai hetl in die voortuin plaasgevind omdat daar slegs een wedstryd gespeel is en daarna word die wynveiling sowel as die prysuitdeling aangebied.
Die wynveiling met ‘n klompie duursame wyne direk uit die Kaap, was ‘n wenner. Dit was ‘n heerlike aand en almal het die stem van John Kirk (afslaer) duidelik gehoor. Die wyne het goed verkoop en daar was ook ‘n stel van 6 wyne wat in ‘n houer verkoop is. Baie dankie aan die persone wat deelgeneem het en van die kopers opgejaag het vir baie goeie pryse.

 

Die wynveiling met ‘n klompie duursame wyne direk uit die Kaap, was ‘n wenner.
‘n Prysuitdeling was op die laaste Donderdagaand aangebied vir die spelers wat uitgeblink het en die spanne wat die eerste drie plekke behaal het was baie naby aan mekaar. Ongelukkig moes daar ook ‘n span wees wat verloor het en hulle moes die “Klip” ontvang.
Ongelukkig het die winterweer die eerste en derde Donderdagaande sy kop uitgesteek, wat die wedstryde baie uitdagend gemaak het maar die sportgeesdriftiges se gees is nie geblus nie en orals kon die gelag en genietinge gehoor word. Almal was deel van die heerlike samesyn.
Die ander Donderdagaande was die perfekte weer en die spelers kon hulle kele tussenin laaf met heerlike koue drankies.
Baie dankie aan almal wat hulle deel gedoen het en gehelp het om die toernooi ‘n reuse sukses te maak.
Ons wil graag die volgende persone bedank. Die Rolbal komitee wat die ATKV gehelp het, die personeel, die instandhouding van die rolbalbane , die spelers en al die volgende borge: Glencoe Spar vir al die kosware wat benodig was. OK Mini Market vir ‘n kontant donasie. Tops vir wyne, waarop plakkers van die spanne wat deelgeneem het verskyn het. Sarel Cilliers H/S wat die maalvleis vir die vetkoek geskenk het. Sharp Sharp Slaghuis vir die wors vir die warmbrakke en patties vir die hamburgers. Lenley Maintenance (Scott Yardley) wat al die pryse geborg het.
Ons wil ook ons eie ATKV lede bedank vir hulle harde werk en hulle wat elke Donderdagaand teenwoordig was met die toernooi.
Ongelukkig moes ook hierdie fondsinsameling en toernooi tot ‘n einde kom, tot die weer het die laaste Donderdagaand saamgespeel en heerlike weer was aan die orde van die dag.

Mev Jossie Pelser, ‘n ATKV lid, het die “hamper” gewen

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button