Newcastle Cougars Klub wen groot by jaarlikse KZN prysuitdelingfunksie
Gaste en stoeiers is bederf met ‘n heerlike drie-gang maaltyd, terwyl hulle mekaar se geselskap geniet het.

Newcastle Cougars Wrestling Club het weerens bewys hulle laat nie met hulle mors nie, nadat hulle met verskeie toekennings weggestap het tydens die KZN Stoei Prys Uitdeeling.
Die funksie het op 1 December plaasgevind by die NG Kerk Die Kruin waar gaste soos super-sterre op die rooi tapyt gelyk het onder die tema, 007.
LEES OOK: WRESTLING: Cougars awarded at KZN Championships Prize Giving
Gaste en stoeiers is bederf met ‘n heerlike drie-gang maaltyd, terwyl hulle mekaar se geselskap geniet het.
Tydens die sermonie is daar stoeiers vanaf Newcastle Cougars, Noord Natal Valke, Noord Natal Renosters en Richardsbaai Stoei Klub erken met trofees en balkies.
Die volgende Cougars het met puik prestasies weggestap:
– Adriaan Janse van Rensburg
– Katte toekenning vir SA Deelname Byrone Botha
– Bene balkie toekenning Eric de Wet
– KZN ere-kleure Ricardo Giammello
– Katte toekenning vir SA steek deelname Ricardo Giammello en Damon Nell
– Onder Sewe Liga wenners Amandus de Jager
– Katte toekenning vir SA brons medalje
Baie geluk aan die bogenoemde sportsmanne, asook die res van die stoeiers, wat toekennings ontvang het.
Contact us
WhatsApp: 082 874 5550
Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za
Make sure you follow us for constant updates:



