Local sportSports galleriesVryheid Herald

Gemeente vier 75ste bestaansjaar met pretdraf

NG Gemeente Vryheid Suid-Oos het sy 75ste bestaansjaar met ’n pretdraf gevier.

NG Gemeente Vryheid Suid-Oos het sy 75ste bestaansjaar met ’n feesnaweek gevier waartydens gemeentelede en die gemeenskap saamgekom het om die gemeente se geskiedenis en voortbestaan te herdenk.

Die gemeente se geskiedenis strek terug na 10 November 1951, toe NG Gemeente Vryheid-Suid van die NG Gemeente Vryheid afgestig is.

Op 27 Oktober 1962 het NG Gemeente Vryheid-Oos ook van die NG Gemeente Vryheid afgestig. In 1998 het Vryheid-Suid en Vryheid-Oos saamgesmelt, waarna die nuwe gemeente op 1 April 1998 as NG Gemeente Vryheid-Suidoos bekend gestel is.

’n Feesnaweek vol aktiwiteite

Die feesvieringe het Vrydagaand afgeskop met ’n verskeidenheidskonsert deur Phillip Kotze en Vriende, wat deur gemeentelede en lede van die gemeenskap bygewoon is.

Saterdagoggend het ’n groot aantal deelnemers aan die kerk se pretdraf deelgeneem. Die geleentheid is met die hulp van Vryheid Atletiekklub aangebied en het gemeentelede en inwoners die geleentheid gebied om op ’n aktiewe manier deel van die feesnaweek te wees.

Spesiale erediens sluit vieringe af

Die naweek is Sondagoggend afgesluit met ’n spesiale erediens waartydens vorige predikante gepreek het. Daarna het gemeentelede en besoekers saam aan ’n gemeente-ete gesmul.

Die feesnaweek het gemeentelede en inwoners op verskillende maniere bymekaar gebring, met die Saterdagoggend se pretdraf as een van die hoogtepunte. Die goeie deelname het gewys hoe sport en gemeenskapsbetrokkenheid mense saambring, terwyl die gemeente terselfdertyd sy 75-jarige geskiedenis gevier het.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button