Lekker padkos resepte

Groentepoffers Genoeg vir 4 1 x 400g blik botter bone,gedreineer 1 fyngekapte ui 1 knoffelhuisie, fyngedruk 2ml elk fyn komyn en koljander 15ml vars koljander 10ml suurlemoensap 1 groot wortel, geskil en fyn gerasper 50ml bevrore mieliepitte, ontdooi 80ml meel 2ml bakpoeier Sonneblomolie Gooi die bone in ‘n voedselverwerker saam met die ui, knoffel, speserye, …

Groentepoffers
Genoeg vir 4
1 x 400g blik botter bone,gedreineer
1 fyngekapte ui
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2ml elk fyn komyn en koljander
15ml vars koljander
10ml suurlemoensap
1 groot wortel, geskil en fyn gerasper
50ml bevrore mieliepitte, ontdooi
80ml meel
2ml bakpoeier
Sonneblomolie

Gooi die bone in ‘n voedselverwerker saam met die ui, knoffel, speserye, koljander, suurlemoensap en sout en peper na smaak. Pols dit saam en roer dan mieliepitte, meel en bakpoeier by.
Rol die mengsel in bolletjies en sit dit vir 20 minute in die yskas. Verhit ‘n laag olie in ‘n pan en braai die bolletjies tot bros en goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

Vegetariese eierfrikkadelle
Genoeg vir 4
6 groot eiers
25ml olyfolie
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
5ml fyngemaakte droë rissies (opsioneel)
3-4 murgpampoentjies, grof gerasper
1 blik (400g) keker ertjies, afgespoel
5ml garam masala
100g koekmeel
150g vars witbrood krummels
Sonneblomolie vir diepbraai
Verhit die water tot kookpunt en laat die eiers vir 8 minute prut. Skep dit in koue water, dop dit af sodra dit afgekoel het, en druk dit droog.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en soteer die ui vir ‘n minuut. Voeg die knoffel, rissie en murgpampoentjie by en roerbraai dit vir ‘n paar minute. Verpulp saam met die keker – ertjies en garam masala in ‘n voedselverwerker. Geur. Vou van die mengsel rondom elke eier.
Klits die orige eiers. Doop die toegedraaide eiers in meel, dan in die geklitste eier en laastens in die krummels. Sit vir 10-15 minute is die yskas. Braai goudbruin in matig warm olie.

Jaffels met spek en soetrissie
Genoeg vir 4
Botter
1 pak spekstukkies
1 klein ui, fyngekap
1 groen en 1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in blokkies gesny
5ml droë Italiaanse kruie
8-12 snye wit-of bruinbrood
500ml gerasperde Cheddar
Verhit ‘n bietjie botter in ‘n pan en braai die spek tot gaar. Voeg die ui, soetrissie en kruie by en roerbraai verder tot die soetrissie net-net sag is. Geur en haal van die plaat af. Smeer die snye brood aan die een kant. Verdeel die vulsel tussen die helfte van die snye brood en smeer dit op die kant wat nie gebotter is nie. Bedek die vulsel met gerasperde kaas en pak dan die orige snye brood bo-op. Maak die toebroodjies in ‘n jaffelmaker gaar, of braai dit in ‘n pan tot albei kante bros en goudbruin is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Sihle Ntenjwa

A journalist at Caxton Local Media, contributing to Estcourt and Midlands News. Passionate and dedicated to his craft, Sihle has quickly made a name for himself since arriving in Estcourt in late 2023. His commitment to storytelling and community journalism has earned him recognition for keeping readers informed with compelling and accurate local news

Related Articles

Back to top button