Local newsNews

Propvol kultuurkalender met heerlike kultuur en familie aktiwiteite

Maak nou reeds 'n aantekening van dié datums in jou dagboek.

Kultuurliefhebbers kan gerus die dagboeke nadertrek vir van ‘n heerlike kultuurdag tot die viering van Konsentrasiekamp wat gedurende Mei en Junie aangebied word wdeur die Vaaldriehoekse en Vrystaatse Kultuurnetwerke en ander.

· Kultuur en familiefees by Udolpho
: Kom vier die Afrikaanse taal en kultuur met ‘n heerlike familiedag Saterdag 17 Mei op die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys. Organisasies, skole en kerke asook uitstallers wat aan die dag wil deelneem kan Germaine by 072 404 3441, Jan-Danie by 082 965 7002, Kobie by 083 755 4444, of Gys by 082 934 8017 skakel. Gou spring tyd raak min om deel te neem. Jy kan uitsien na onder meer ‘n interessante genealogie praatjie oor vanne en stambome, boeresport, speletjies, uitstallings, museumbesoek, storiewa, Helplift boeke-verkoping, ‘n mini skyngeveg, sweepklap, rieme brei, ‘n selfverdediging demonstrasie, volkspele en baie meer. Die program begin om 09:30.

· Vredestoer vanaf Vereeniging na Pretoria: Saterdag 31 Mei. Skakel Jan-Danie by 082 965 7002.

· Konsentrasiekamp Dag: Vereeniging Konsentrasiekamp Begraafplaas: Maandag 16 Junie (publieke vakansiedag). Skakel Kobie by 083 755 4444 of Germaine by 072 404 3441 of Jan-Danie by 082 965 7002. Individue of organisasies wat betrokke wil raak hetsy met beplanning, idees, gedagtes,reëlings, uitstallings of deelname is welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button