Local newsNews

Vragmotor tref minibus onderweg na sporttoer

Die span het die oggend uit Viljoenskroon vertrek vir 'n hokkietoer.

“Daardie oomblik van skok, die intense vrees en onsekerheid, die gevoel van totale magteloosheid, en om geen beheer oor die situasie te hê nie, is iets wat geen ouer ooit behoort te beleef nie.”


So het Gerda Roth in ‘n Facebook-inskrywing geskryf na ‘n busongeluk aan die begin van die Paasnaweek, toe ‘n vragmotor die Toyota Quantum-minibus van die Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskrooon, buite Winburg van agter getref het. Die minibus het met die impak van die botsing gerol.

Hoërskool Salomon Senekal se Toyota Quatum-minibus wat Vrydag in 'n ongeluk buite Winburg betrokke was. Foto: Facebook
Hoërskool Salomon Senekal se Toyota Quatum-minibus wat Vrydag in ‘n ongeluk buite Winburg betrokke was. Foto: Verskaf


Volgens polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, het die ongeluk net na 08:00 die oggend op die N1 sowat 5km buite Winburg gebeur.


Gerda se dogter, Mia, het van haar rugwerwels gebreek, terwyl ‘n onderwyser wat die dogters vergesel het, na wat verneem is, ‘n sleutelbeen besering opgedoen het. Van die ander passasiers is vir skok en ligte beserings behandel. Die dogters het die oggend uit Viljoenskroon vir ‘n hokkietoer vertrek.


Gerda het in haar boodskap die gesin se opregte waardering uitgespreek teenoor elkeen wat daar was vir Mia en die gesin, asook die personeel van Salomon Senekal, ouers, kinders en elkeen wat onmiddellik hulp en ondersteuning op die toneel verleen het vir Mia en haar maats. “Julle vinnige optrede, liefde en omgee het vir ons ongelooflik baie beteken,” het Gerda geskryf.


Gerda het ook spesiaal dankie gesê vir Salomon Senekal se hoofdogter en haar ouers wat saam met Mia in die ambulans hospitaal toe gery het, die skoolhoof en beheerraadslid wat daar was om hulle te ondersteun en personeel van die RH Matjhabeng-hospitaal. Sy het ouers se dankbaarheid saamgevat met haar woorde: “Bo alles gee ons al die eer en dank aan ons Hemelse Vader vir Sy genade, beskerming en guns oor elke onderwyser, leerder en die bestuurder van ons skoolbus. Ons weet dit is deur Sy hand dat almal veilig bewaar is.”


Gerda het in haar inskrywing gedeel dat hoewel Mia nog steeds pyn ervaar, hul vertrou en glo vir volkome herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button