Local newsNews
100 Jaar: “Ek kan dit nie glo nie!”
Vir Mary Coetzee is die voorreg beskore om vanjaar 'n eeu sedert haar geboortedag te kon vier.
Najaarsrus se oudste inwoners, Mary Coetzee, het Sondag 6 September haar 100ste verjaardag gevier.
“Ek kan dit nie glo nie. Honderd jaar,” het sy met ‘n glimlag gesê toe personeel en inwoners van dié tehuis vir bejaardes Dinsdag haar verjaagdag saam met haar in die Dienssentrum gevier het.

Sy is bederf met ‘n spesiale koek, ballonne en geskenke, en so besig en vol kwinkslae soos hulle haar ken, het Mary met groot vreugde aan die verjaardagvieringe deelgeneem.
Sy is sedert 2021 ‘n inwoner van Najaarsrus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



