Local newsNews

Toekafees help om kerkgebou te restoureer

Ondersteun die Toekasfees en help so om hierdie historiese kerkgebou te kan restoureer.

n die gees van Erfenisdagvieringe neem die NG Moedergemeente in Parys se Toekafees op 3 Oktober jou terug in die verlede met onthou en waardering vir ons erfenis.


“Die gemeente is inderdaad ‘n historiese erfenis waar geslagte saam aanbid het, asook vreugde en hartseer gedeel is,” vertel Darien Oosthuizen.


En wat kan dan lekkerder wees as wors, pap en sous, vars gebakte roosterkoeke, ‘n spesiale eiergereg en lewer in netvet as jy sou honger word. Die Toekafees skop Saterdag om 08:00 af waar jy kan aansit vir dié heerlike Boereontbyt.


Vanaf 10:00 sal daar worsbroodjies, jaffels, kerrie en rys, potjiekos en stampmielies wees. Ouma se spens bied die allerlekkerste gebottelde produkte, boerbeskuit en koekies.


In Ouma se skatkis is daar kosbare oudhede wat joune kan word.


Vanaf 11:00 sal daar ook ‘n veiling van antieke ware wees.


Dan kan jy ook ouma se wenresepte by die koektafel kry, of aansit vir ‘n sny koek, tee, gemmerbier en selfs pannekoek.


Poedings is altyd ‘n treffer, maar maak seker jy mis nie uit op die souskluitjies, sagopoeding en al daardie heerlikhede waarmee ouma jou altyd bederf het.


Diegene wat ‘n draai by die blomtuin maak sal verseker nie met leë hande weggaan nie.
Die Jollie Pollie Boereorkes sal sorg vir vermaak.

Die kerkgebou van die NG Moedergemeente in Parys. Foto: Liezl Scheepers
Die kerkgebou van die NG Moedergemeente in Parys. Foto: Liezl Scheepers


Hierdie fees is meer as ‘n dag van lekker kuier, eet en saam wees. Dit is ‘n geleentheid vir die gemeenskap om ‘n bydrae te maak om kosbare erfenis te bewaar.


Die Toekafees is ten bate van die restourasie van die 143-jaar oue kerkgebou.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button