Local Election News

Nie eens die hitte hou 91-jarige weg van die stemlokaal

Stemlokale is vanmiddag tot 17:00 oop vir spesiale stemme.

By stemlokale in die Ngwathe munisipale gebied het kiesers wat geregistreer is vir spesiale stemme reeds vroeg-vroeg hul stem uitgebring. Onder hulle was die 91-jarige Alinah Mokgemisa wat ten spyte van die bloedige hitte gestap het om by die Schonkenville-gemeenskapsaal haar kruisie te gaan trek.

By dié saal was dit heelwat besiger as by van die ander stemlokale wat Gazette vanoggend vroeg besoek het, met 27 van die 158 mense wat geregistreer is vir spesiale stemme by dié saal, wat reeds teen 11:00 gestem het.

Ten spyte van haakplekke wat vanoggend ondervind is, was die terugvoer by meeste stemlokale dat die stemproses vir spesiale stemme ordelik en vlot verloop.

By nie een van die stemlokale wat besoek is het mense tou gestaan nie.

Derek en Sonette Conlon het vanoggend onderskeidelik by die Wes- en Suid-gemeentes gestem en was Sunette die tweede kieser om vanoggend haar kruisie by die Wes-kerksaal te kon trek. Foto: Liezl Scheepers
Derek en Sunette Conlon het vanoggend onderskeidelik by NG Wes- en NG Suid gestem. en was Sunette die tweede kieser om haar kruisie by die Wes-kerksaal te trek. Foto: Liezl Scheepers

By die NG Wes-kerksaal het daar teen 10:00 vanoggend nege mense gestem, en by die tent by Parys Distrik-hospitaal was daar teen 10:00 nog net twee van die sewe kiesers wat geregistreer was vir ‘n spesiale stem by dié tent.

Die tent by Parys Distrik-hospitaal is die enigste tydelike stemlokaal in Parys, en iwas allees ook hier vanoggend in plek vir kiesers om te stem, insluitend tydelike ablusiegeriewe. Foto: Liezl Scheepers
Die tent by Parys Distrik-hospitaal is die enigste tydelike stemlokaal in Parys, en was alles ook hier vanoggend in plek vir kiesers om te stem, insluitend tydelike ablusiegeriewe. Foto: Liezl Scheepers

By Parys Openbare biblioteek het daar teen net na 10:00 vier van die 49 mense gestem wat hier vir spesiale stemme geregistreer is.

By stemlokale in die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit was kiesers opgewonde om hul stem te kon gee in die Plaaslike Munisipale verkiesing. Foto: Liezl Scheepers
By stemlokale in die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit was kiesers opgewonde om hul stem te kon gee in die Plaaslike Munisipale verkiesing. Foto: Liezl Scheepers

Hoe werk spesiale stemme?

Spesiale stemme vir die Plaaslike Munisipale verkiesing vind plaas 2 en 3 November tussen 08:00 en 17:00, hetsy deur tuisbesoeke of by stemlokale.

Spesiale stemme gee aan geregistreerde kiesers wat weens fisieke gestremdheid of ongesteldheid nie by stemlokale kan uitkom nie, asook dié wat om verskeie redes nie op verkiesingsdag by hul geregistreerde stemlokale kan stem nie, die geleentheid om vooraf hul stemme uit te bring.

Die 91-jarige Alinah Mokgemisa wat vandag haar kruisie by die Schonkenville gemeenskapsaal getrek het. Foto: Liezl Scheepers

Belangrik om te onthou

  • Kiesers wat geregistreer is vir spesiale stemme by Hoërskool Parys. moet die ingang by die hek by die tennisbane gebruik.
  • Onthou om jou ID-dokument, slim ID-kaart of geldige tydelike identifikasie sertifikaat saam te neem wanneer jy gaan stem.
  • As jou aansoek vir ‘n spesiale stem tuisbesoek goedgekeur is, moet jy seker maak dat jy op 2 en 3 November tuis is wanneer OVK-beamptes jou sal besoek.
  • As jy nie tuis is nie, sal OVK-beamptes ongelukkig nie na die adres kan terugkeer nie, en sal jy ook nie by ‘n stemlokaal kan gaan stem nie. Jy sal dan moet wag tot Woensdag 4 November om saam met ander kiesers by jou stemlokaal waar jy geregistreer is, te stem.
  • Slegs mense wie vooraf aansoek gedoen het vir spesiale stemme, en wie se aansoeke aanvaar is, sal op 2 en 3 November kan stem.
  • Vir die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit is 2048 aansoeke vir spesiale stem tuisbesoeke goedgekeur, terwyl 4 3 97 aansoeke vir spesiale stemme by stemlokale in Ngwathe goedgekeur is. Dit gee ‘n totaal van 6 445 spesiale stemme in die hele Ngwathe Munisipale gebied.
  • Altesaam 2 655 067 kiesers het landwyd aansoek gedoen vir spesiale stemme.
  • Jy kan vooraf seker maak waar jou stemlokaal is by www.elections.org.za/pw/Voter/Voter-information
Illustrasiefoto verskaf deur die OVK
Illustration image: IEC
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button