Local Election News

Bejaardes staan vroeg tou om hul kruisies te trek

Spesiale stemme in die landwye munisipale verkiesing word op 2 en 3 November uitgebring, met stemdag op 4 November.

Watervoorsiening is een van die groot kwessies wat bejaardes van Parys graag aangespreek wil hê na die munisipale verkiesing. So sê Hesther Swanepoel van Najaarsrus wat vanoggend haar spesiale stem in die verkiesing uitgebring het. Sy het die stemproses as vinnig en vlot beskryf, en gesê dat OVK-beamptes vriendelik en behulpsaam was, toe hulle die tehuis vroegoggend besoek het vir bejaarde inwoners wat hier geregistreer was vir spesiale stemme.

Hester sê sy wil graag sien dat inwoners in die Ngwathe munisipale gebied skoon water en permanente kragvoorsiening moet hê.

Danie Visser van Amot is veral bekommerd oor die grootskaalse besoedeling van die land se waterbronne.

Rina Loggerenberg het ook vanoggend gestem.
Rina Loggerenberg het ook vanoggend gestem.

Ook Rina van Loggerenberg van AMOT stem saam dat daar gehoop word vir daadwerklike verandering na die verkiesing.

Op 'n ry gereed om te stem by Sally Martin Park. Foto: LIezl Scheepers
Op ‘n ry gereed om te stem by Sally Martin Park. Foto: LIezl Scheepers

OVK-beamptes was teen 08:30 reeds by die AMOT en teen net voor 10:00 kon bejaardes van Najaarusrus wat geregistreer was vir spesiale stemme hul kruisies trek.

Bejaardes van die Amot tehuis gereed om hul kruisies te trek. Foto's: Liezl Scheepers
Bejaardes van die Amot tehuis gereed om hul kruisies te trek. Foto’s: Liezl Scheepers
Danie Visser het trots sy kruisie vanoggend getrek.
Danie Visser het trots sy kruisie vanoggend getrek.

By Sally Martin Park was bejaardes rondom 10:00 vanoggend gereed om te kon stem. 

Inwoners van Amot tehuis vir bejaardes in Parys het vroegoggend al tou gestaan om te kon stem. Foto: LIezl Scheepers
Inwoners van Amot tehuis vir bejaardes in Parys het vroegoggend al tou gestaan om te kon stem. Foto: Liezl Scheepers

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button