Local newsNews
VS maak beduidende vordering met Bek-en-klou stryd
'n Beroep is op boere gedoen om steeds biosekuriteitsmaatreëls toe te pas.
Geen nuwe gevalle van Bek-en-klouseer is vir die derde week agtereenvolgens in die Vrystaat gerapporteer.
Volgens die provinsie se Departement van Lanbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake (DARDEA), staan die kumulatiewe aantal bevestigde gevalle van Bek-en-klouseer in die provinsie steeds onveranderd op 804.
Die departement het egter ‘n beroep op die provinsie se vee-eienaars gedoen om steeds biosekuriteitsmaatreëls toe te pas wat insluit vaksinering, en die monitor van kuddes. Bewegingsbeheermaatreëls sal ook steeds in plek bly in geaffekteeerde gebiede totdat dit bek-en-klou vry is, het die departement gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


