NewsNews

Klas op kampus ontwrig

‘n Klas is gister (16 Mei) op die NWU Potchefstroomkampus deur ‘n groep wat EFF klere aan gehad het ontwrig.

Volgens Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU, was slegs een klas sonder enige geweld ontwrig. Volgens hom het daar ‘n groep, wat EFF klere aangehad het, binne in die klas in beweeg.

Die groep het in die gange van die klas gesit waarna hulle die dosent begin afneem waar die dosent besig was om in Afrikaans klas te gee.

“Die dosent het aangehou om die klas aan te bied waarna die groep uit beweeg het. Die veiligheid van ons personeel en studente is van kardinale belang,” het Jacobs gesê.

Volgens hom het die kampusstudenteraad voorsitter, Jacques Hugo reeds positiewe gesprekke  met verskeie groepe gehad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button