NewsNews

Ryloper kritiek na hospitaal gevlieg

Ryloper kritiek na hospitaal gevlieg

VANDERBIJLPARK. –  Twee rylopers en die bestuurder en sy passasier van ‘n bakkie is gistermiddag 9 Augustus net voor 18:00 beseer in ‘n ongeluk toe die bakkie waarin hulle gery het net na die Stonehaven brug op die R57 gerol het.

Volgens inligting was die werkers van Rapid Sales and Hire in die rigting van Vanderbijlpark op pad en het twee rylopers agterop die bakkie gehad toe die bestuurder van die bakkie vermoedelik beheer verloor het en die bakkie verskeie kere gerol het. Die bestuurder, sy passasier en een van die rylopers is net lig beseer terwyl die ander ryloper halfpad teen die wal gelê het. Paramediese personeel van ER24, Netcare 911 en Gauteng EMS het die pasiënte op die toneel behandel. Die ryloper is later in ‘n kritieke toestand per helikopter na die hospitaal gevlieg vir behandeling.

FOTO GALLERY: Jannie du Plessis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button