News

Rekordpoging: Die wêreld se grootste handgebreide kombers!

Rekordpoging: Die wêreld se grootste handgebreide kombers!

Guinness-Rekordpoging: Die wêreld se grootste handgebreide kombers!

Lees hierdie week in Vaalweekblad alles oor hoe duisende mense saamgewerk het aan die Golden Triangle Blanket Drive se poging om twee wêreldrekords te registreer – eerstens om die grootste handgebreide kombers in die wêreld te maak, en tweedens, om die rekord vir die meeste individuele komberse wat nog ooit binne 24 aan welsynsinstansies gelewer is vir verspreiding onder minderbevoorregtes, te registreer.

Op die foto kan die enorme kombers in die vorm van Suid-Afrika se vlag, op die DP de Villiersstadion in Sasolburg gesien word. Daar is vandag steeds hope aktiwiteite by die stadion – gaan maak gerus ‘n draai en ondersteun dié fantastiese projek!

Volpunte aan die organisasies en duisende ondersteuners wat wys dat die Vaaldriehoek se mense beslis nie VAAL is nie…. Ons streek se mense en almal wat deelgeneem het, het harte van GOUD!

Foto’s: Erkenning aan Daleen en André van Helsdingen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button