NewsNews

Trein tref motor

Trein tref motor

Die motor, ’n wit Mercedes- Benz, is deur die snelbewegende vragtrein meegesleur en het honderde meter vanaf die kruising tot stilstand gekom. Midvaal Fire and Rescue moes help om die lyk van die man uit die opgefrommelde

motorwrak te bevry. Die oorledene is glo ’n man van 29. Sy naasbestaandes was teen Vaalweekblad se saktyd nog nie van sy dood in kennis gestel nie, dus kan sy identiteit nie bekend gemaak word nie. Volgens kapt. Fikile Funda, ’n polisiewoordvoerder, word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.
Die spoorweglyn was Maandagaand vir ure gesluit terwyl opruimgswerk gedoen is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button