Gazette se susterskoerant, Vaalweekblad, het gister berig dat Manie verdere behandeling by die huis kry nadat hy gisteraand siek geword en hospitaalbehandeling moes ontvang. Hy kon by die huis aansterk terwyl daar vir uitslae van toetse wat gedoen is, gewag word.
Sy vrou, Christel, het Manie se aanhangers op sy Facebookblad in kennis gestel dat hy nie Covid-19 onder lede het nie. Sy het ook gesê dat Manie nog swak was, en gevra dat mense vir hom bid.
Sy aanhangers sal dus verheug wees oor dié boodskap: “Middag mense….. Wil net laat weet dat ek beter is. Ek het gistraand nog met my vriende gepraat op WhatsApp, onder andere met Ray Dylan, en skielik geen asem gekry nie. My vrou het, op my aandrang, my na die naaste hospitaal toe gevat. Op die stadium lyk dit na akute mantelvliesbreuk, en dit druk teen my longe, wat die benoudheid veroorsaak,”

Manie Jackson wys sy aanhangers dat dit met hom beter gaan.. Foto: Facebook
Hy het ook geskerts en gesê dat hy “okay”sal wees, maar dat dit weer eens ‘n bewys is dat 40 oud is. “I told you so,” het hy afgesluit.
Hier is ‘n skakel na die oorspronklike berig:





