NewsNews

Sakeliga: Jy kan vanaand saampraat oor ’n plan vir Parys

Sakeliga: Jy kan vanaand saampraat oor ’n plan vir Parys

 

Munisipale dienslewering sal voortaan ook in die Parys gemeenskap aangespreek word deur die organisasie, Parys Sakeliga, wat deur ’n groep sakelui en inwoners van Parys, gestig is. Die stigting is gedoen met die hulp van Sakeliga as nasionale strategiese vennoot. Kom luister vanaand, Donderdag 12 November, by die AfriDome in Allenbystraat, na die #myParys herstelplan, met Parys Sakeliga se amptelike opening tydens ’n gemeenskapsvergadering om 18:30.

Sakeliga nooi die gemeenskap om saam te kom bou aan die plan vir Parys. Bywoning is gratis, maar ter wille van die monitor van bywoningsgetalle moet jy vooraf registreer by https://www.quicket.co.za/events/99593-gemeenskapsvergadering-parys-sakeliga/?utm_source=EventPage&utm_medium=Sharebox&utm_campaign= Jy kan ook vir Suleen Peens skakel by 084 398 4394 as jy hulp nodig het met registrasie.Sakeliga Parys is ’n gemeenskapsorganisasie vir die gemeenskap wat funksioneer sonder winsoogmerk, en wat vanuit sy affiliasie met Sakeliga, in staat is om regsaksie en projekte strategies te kies sodat dit vir die dorp verligting kan bring, maar ook deel kan vorm van ’n sterk, strategiese bloudruk wat ander gemeenskappe in soortgelyke situasies kan bevoordeel.

Volgens Ernst Vorster, hoof van plaaslike sakeligas en affiliasies by Sakeliga, is ’n sakeliga meer as ‘n tradisionele sakekamer, maar ook meer as ‘n tradisionele gemeenskapsorgansisasie. Hy sê Sakeliga voorsien bloot ‘n getoetste model waarin gemeenskappe hulself kan organiseer, self besluite kan neem en hulself kan bestuur, maar met die voordeel dat hulle op ‘n nasionale kennispoel kan  reken.  

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button