NewsNews

Nuwe dokter kom vir Parys

Nuwe dokter kom vir Parys

 

Goeie nuus vir Parysenaars is dat die dorp nog ’n dokter kry vanaf 4 Januarie. Dr. Bok Jansen sal praktiseer by die spreekkamers van dr. Eugene Campher in Breëstraat. Dr. Jansen is ’n ou bekende in die omgewing en het in Vredefort grootgeword.

Dit gaan ook reeds baie beter met dr. Campher na ’n lang siekbed. Ook dr. Campher se vrou, Lera, is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk aan by haar seun in Johannesburg waar dr. Campher na haar omsien. Sy het nog ’n lang pad na herstel wat vir haar voorlê.

Dankie aan elkeen wat oor die afgelope maande vir die egpaar gebid het en vir elke boodskap van meelewing wat hulle deur die tydperk gedra het wat beide gehospitaliseer en ernstig siek was. Sou dr. Campher in die nuwe jaar weer sterk genoeg wees om te kan praktiseer, sal hy na verwagting saam met dr. Jansen by die spreekkamer wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button