

Vanjaar se Nampo Oesdag sal nou eers van 17 tot 20 Augustus gehou word. Die Oesdag was aanvanklik beplan vir 11 tot 14 Mei op Nampopark net buite Bothaville, maar die uitvoerende bestuur het verlede week besluit om die datum te skuif. Graan SA sal ook die datum op 1 Junie evalueer en hersien indien dit deur die Nasionale Ramptoestand genoodsaak word. In ‘n verklaring sê Graan SA dat die organisasie sedert die begin van die jaar die situasie rondom die Covid-19 pandemie gemonitor het, en dat hy hoopvol is dat die regeringsbeleid en -riglyne dit sal toelaat dat die Oesdag wel teen Augustus sal kan voortgaan
“Terwyl ons voorsorg tref en sommige dinge ‘n bietjie anders doen, is ons strewe om ‘n gediversifiseerde landbouhandelskou aan te bied wat tot voordeel is van ons getroue en jarelange vennote, die plaaslike gemeenskappe en die breër landbousektor as geheel. Graan SA is daartoe verbind om risiko-ingeligte besluitneming toe te pas en om alle belanghebbendes op hoogte te hou,” ”sê Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en -bemarking. “Ingevolge die huidige Vlak 3 van die Wet op Rampbestuur, het Graan SA voortdurend die moontlikheid geëvalueer om die Nampoe Oesdag van 2021 in die oorspronklike formaat aan te bied, alhoewel met die beste praktyke in gedagte om die veiligheid van uitstallers en besoekers te verseker.”
Aangesien die Covid-19-pandemie onophoudelik in Suid-Afrika voortwoed, het Graan SA voortgegaan om op grootskaal met alle belanghebbendes te konsulteer oor die beste pad vorentoe. Die potensiële risiko van verdere golwe in die komende maande kan nie geïgnoreer word nie, en sê Graan SA dat hy weer die moeilike, maar verantwoordelike besluit moes neem om die 2021 Nampo Oesdag uit te stel. Die Nampo Kaap skou wat geskeduleer is vir 8-10 September in Bredasdorp, Wes-Kaap, en die Nampo Alfa-skou, wat beplan is vir 30 September tot 2 Oktober op Nampo Park, Bothaville, sal wel op die bevestigde datums voortgaan.
Om aan te pas by die veranderinge wat die Covid-19-pandemie teweeggebring het, en danksy tegnologie, is die 2020 Nampo Oesdag eenmalig virtueel aangebied. Meer as 31 500 besoekers het die aanlyn virtuele uitstallingsplatform van 9-12 September besoek om die beste en nuutste innovasies van uitstallers te ervaar. “anjaar sal die 55ste jaar wees wat die Nampo Oesdag aangebied word. en oesdaggangers is die versekering gegee dat die gesondheid en veiligheid van besoekers, uitstallers, personeel, borge en die hele landbougemeenskap tydens die oesdae van die grootste belang is. en dat die besluite wat geneem is, gelei word deur hierdie prioriteite, het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, gesê.




