Studente van die Parys Sansei Goju Ryu karateklub wat uitgeblink het by die Sansein Vrystaat-kampioenskappe, sal nou dié provinsie gaan verteenwoordig by die SA-kampioenskappe wat op 8 en 9 Oktober in Alberton gehou word. Die studente wat ingesluit is in die Vrystaat-span, met hul prestasies is:
Riko Vorster – Tradisionele Kata – goud, Tradisionele Houtwapen Kata – goud, Gevegskuns (Kumite) – goud, en Kontineule gevegskuns – goud.
Ewan Vorster – Tradisionele Kata – brons, Tradisionele Lemwapen Kata – goud
Hendrik van den Berg – Tradisionele Kata – silwer, Tradisionele Houtwapen Kata – brons en Gevegskuns (Kumite) – silwer
Nic Foyle – Tradisionele Kata – silwer, Kontinuele gevegskuns – silwer, Tradisionele Houtwapen Kata – silwer, en Gevegskuns – brons
Francois van Deventer – vierde plekke vir beide tradisionele Kata en Gevegskuns (Kumite)




