NewsNews

Maskers in klaskamers bly sê departement ná verklaring flater

Maskers in klaskamers bly sê departement ná verklaring flater

Kinders sal steeds soos voorheen gesigmaskers in klaskamers moet dra, en sal gesigmaskers ook soos voorheen in personeelkamers, kantore, skoolsale ensovoorts gedra moet word.

Skole word slegs uitgesluit van die voorskrifte ten opsigte van byeenkomste.

Só het die departement van gesondheid in ‘n opvolgverklaring gesê waarin verwarring nou uit die weg geruim is ná ‘n menslike fout  ingesluip het  in ‘n verklaring wat gister deur die departement uitgereik is , en waarin die bewoording verkeerdelik aangedui het dat kinders nie gesigmaskers by skole hoef te dra nie.

In die opvolgverklaring word duidelik gesê dat van kinders, soos ander Suid-Afrikaners verwag sal word om gehoor te gee aan die regulasies ten opsigte van die dra van gesigmaskers. Dit sluit in dat gesigmaskers in klaskamers en binnenshuis gedra moet word, maar nie in die buitelug soos op speel- en sportgronde nie.

Die departement het dit baie duidelik gestel dat die bewoording in die oorspronklike verklaring verkeerd was.

Wye openbare terugvoer is ontvang op die nasionale gesondheidsregulasies en tussentydse maatreëls vir die bestuur en beheer van die Covid-19 pandemie, en toekomstige aanmeldbare mediese toestande, waarvan die spertyd vir die openbare deelname proses nou  met drie maande verleng is.  Mense het nou tyd tot 5 Julie om kommentaar te lewer op die regulasies.

Mense wat kommentaar het kan dit voor of op 5 Julie stuur na legalreviews@health.gov.za

Kommentaar wat vroeër ingestuur is, voordat die spertyd verleng is, is steeds geldig en hoef nie weer ingestuur te word nie.

Die regulasies hou hoofsaaklik verband met die dra van gesigmaskers, die hou van byeenkomste en toegang tot Suid-Arika.

Volgens dié regulasies sal mense steeds in openbare binnenshuise areas gesigmaskers moet dra, asook as daar van openbare vervoer gebruik gemaak word.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button