News

Jagersfontein-tragedie herinner aan Merriespruit-ramp

Slikvloed tref dorp

Eskom het vanmiddag aangekondig dat die kragreus sy hooftoevoer na Centlec, die kragverspreider vir Jagersfontein, verloor het ná ‘n ramp die dorp vanoggend net na 06:00 getref het toe die damwal van die Jagersfontein-myn gebreek het. Dit het veroorsaak dat Eskom se Rietkuil-substasie deur die modder en slik oorstroom het, en die swaar mynslik deur huise en oor paaie gespoel het.

Dit het sterk herinner aan die Merriespruit-ramp in 1994.

Met vanoggend se Jagersforntein-ramp het 20 huise  reeds heeltemal verspoel en drie mense het in die moddervloed gesterf terwyl daar teen Sondagmiddag 35 mense in die Diamant-hospitaal opgeneem is en 5 in die Trompsburg-hospitaal. Verskeie organisasies is reeds besig om noodlenigingswerk in die gebied te doen.

Eskom het gesê hy sou gepoog om die kragtoevoer na die Jagersfontein-myn voor die einde van die dag te herstel. Eskom se Rietkuil-substasie is egter ook deur die slikvloed oorstroom

Weens die ontoeganklikheid na die substasie is dit egter op die stadium nie moontlik om die omvang van die skade te bepaal of te sê wanneer kragtoevoer herstel sal kan word nie.

Eskom se telekommunikasiestelsel is ook geraak en dit is nie seker wat die invloed van die ramp op omliggende netwerke het nie.

Die Jagersfontein-myn is ‘n oopgroep-myn en is twee van die grootste diamante ter wêreld, die Excelsior en die Reitz-diamant (Jubilee) destyds hier gemyn. Die myn word nie meer gebruik nie, maar Netwerk24 het berig dat kontrakteurs nog hier deur die myngruis vir diamante soek.

  • Met die destydse Merriespruit-ramp is 17 mense dood en 350 in hospitale opgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button