
Hoërskool Parys se o.15-rugbyspan is vanjaar se trotse wenners van die Valke Hoërskole liga nadat hulle vanoggend in die finaal die span van HTS Carel de Wet op Hoërskool Stoffberg (Brakpan) se rugbyvelde gewen het.
Die span wat vanoggend (Saterdag 22 Mei) vir Parys op die veld was, was Julio de Ponte, Maibongwe Nkalatya, Dewald van Schalkwyk, Kyle Kruger, Pieter Joubert, Nico Rust, Xander Pretorius, Franco Pretorius, Nicholas Carter, Durandt Fouche, AC Lewis, Henk Small, Heinrich van Niekerk, Jandre van Heerden, Caleb Butler, Ncheka Ncheka, Rikus Potgieter, Leemisa Kutoane, Heinrich Nortje, Bonang Moshala, Dregan Brink, Ethan Litchfield en Matthew Litchfield. Die span se afrigter is mnr. Wiehan Viljoen.

‘n Baie trotse oomblik vir Parys se o.15-rugbyspan.
Baie geluk aan die skool, die span en hul afrigter met die groot oorwinning wat die kroon span op harde werk wat dié seisoen ingesit is.




