
Die 24 karre van lede van die Nuts and Bolts Rally wat Donderdag, 14 September in Parys weggespring het vir hul trippie na De Aar, het Saterdag 16 September veilig hul bestemming bereik.
Die ‘jolly ride’ het gesorg virĀ baie pret met heelwat Parysenaars wat vanjaar ookĀ saamgery het. Tinus en Wilma Jacobs het hulĀ trok op Ventersburg gelos, en het diĆ© twee ‘ge-uber’ saam met Brian J.v. Rensburg en Hertzog Prinsloo in hul pre 1990Ā Mercedes.
Die groen F150 het op pad terug net voor Jacobsdal halt geroep, maar daarvoor is vrinne mos daar. Waldo Prins het help sleep tot in Bloemfontein.



Dit is wat ‘n trip soos diĆ©, een vir die boeke maak. Die mense wat saamgery het- so kleurvol soos die karre wat jy op so ‘n rally kry.
Vergeet van Paris na Dacar –Ā wag tot jy die wind deur jou hare voel as jy die lang pad vat van Parys na De Aar.






Toe daar net na 09:00 weggetrek is uit Parys met die pre 1990-modelle, is daar eers in Parys saamgetrek Ā voorĀ Ietsie mooi byĀ Parys se eie Eiffel-toringĀ in die kleine. En toe ān foto saam met die helderrooiĀ Droomvrou manekyne. Al die Rally-lede gedress van Meksikaans tot Frans, want as jy ān Nuts & Bolts Rally ry, het pret nie brieke nie.



‘n Speedcop of twee langs die pad, en ‘n Fransman onder ‘n Volla om iewers langs die pad iets te fix, is deel van die memories wat gemaak word op so ‘n trip terwyl jy ry na jou Karoo Kooi of ‘n vinnige stop by Truksvy.







Die Parys na De Aar Rally is die 33ste Rally wat hulle ry vandat ān klompie vriende in 2014 die eerste keer hul ou meesters op die pad gevat het. Vriende het vriende genooi en net die volgende jaar was hulle 38 wat saam gery het.

Nadat die toeters vrolik Parys gegroet het, is daar DonderdagĀ gery tot by Boskoppie Leeuplaas in Kroonstad. Vandaar dan na Aldam om uiteindelik Saterdag die enjins stil te maak voor die Sonder Sorge Ouetehuis in De Aar.
Want sien āĀ Nuts & Bolts Rally glo aan terug gee aan die gemeenskap. āPay it forwardā verduidelik organiseerder, Pieter Andersen, my. Vier en twintig sakkies lekkergoed sal daar by die bejaardes van Sonder Sorge tehuis uitgedeel word, sĆŖ hy. Met elke Rally wat hul ry, is daar ān gemeenskapsorganisasie na wie daar uitgereik word.
Elke jaar ry hulle 3 of 4 rallys ā aan die Weskus, die Tuinroete en Noord-Kaap se kant toe. As jy gelukkig genoeg is om die trotse eienaar van ān pre-1990 motor te wees en ān gees vir avontuur het, is diĆ© Nuts & Bolts Rallys vir jou!





Die Parysenaars wat saamgery het was naas Brian J.v. Rensburg, Hertzog Prinsloo en Tinus en Wilma Jacobs ook Waldo Prins, en Tommy en Chrizelle van Tonder.





Meer oor Nuts & Bolts Rally by info@nutsandboltsrally.co.za of gaan kyk na www.nutsandboltsrally.co.za



